Lof bly instroom vir Wayde en tannie Ans
Henriette Lamprecht - Sy ma was nog nooit een vir sensasie of publisiteit nie en sou “hoegenaamd nie die eer wat Wayde (van Niekerk) toekom, op haarself wou vestig nie”.
Só het tannie Ans Botha se seun Wenzel uit Suid-Afrika laat weet, nadat wêreldmedia vele berigte die wêreld ingestuur het oor “die ouma agter die Olimpiese kampioen”.
Volgens Wenzel was een van tannie Ans se voormalige Namibiese atlete, Frank Fredericks, teenwoordig toe die goue medalje vir sy rekordwen in die 400 m aan Van Niekerk oorhandig is.
“Dit is spesiaal. Die ondersteuning en aanmoediging van Frankie aan my ma se atlete, ook met die vorige Olimpiese Spele en tydens Diamantligas, is vir hulle goud werd. Hy is ’n ikoon en rolmodel vir soveel atlete en veral die naellopers.”
Volgens Wenzel het Frank benewens by sy ma ook by ander afrigters geoefen en was hy betrokke by die Universiteit van Nebraska toe hy groot opgang begin maak het.
As familie is hulle “vreeslike dankbaar” vir die erkenning wat die media nou aan ma Ans as afrigter gee.
“Ons is ongelooflik trots op haar. Ek het altyd gewonder of dit als die moeite werd is: Hoekom my ma haarself so afsloof in wind en weer, ses dae per week, 12 maande per jaar, jaar in, jaar uit, dekade na dekade. Ek het uiteindelik ons antwoord gekry. Ons is baie bly dat sy erkenning kry!”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie