Loftus Marais se 3de bundel met ‘biegerige gedigte’
Met heelparty “biegerige gedigte” en ’n naamlys, byna soos ’n swart boekie, het die digter Loftus Marais sy derde bundel Jan, Piet, Koos en Jakob, baie meer as in sy vorige twee bundels vir homself geskryf.
Marais reken dat poësie dalk die mees promisku van al die literêre genres is.
Dit kom tot ’n mate ook voor in sy derde digbundel, Jan, Piet, Koos en Jakob, wat onlangs deur Human & Rousseau uitgereik is.
“Let’s get it over and done with, next one. Nuwe ervaring, nuwe opwinding. Dis nie soos ’n roman of ’n lang huwelik of verhouding nie. Daar moet ’n bietjie van daai black bookness wees. Daar is vir my iets aan ’n naamlys wat by poësie pas.”
Marais gebruik hierdie name in sy bundel – dink maar aan iemand soos Koos van der Merwe (in die grappe) of vader Jakob of oudpres. Jacob Zuma – maar die gedigte bestaan gewis uit veel meer as dit.
“Dit het deur so drie fases gegaan. Ek het ’n paar jaar gelede baie in portrette begin belang stel. Dit was vir my baie interessant om daaroor op te lees, ook die teoretiese goed oor hoekom daar iets soos portrette bestaan.”
Dit het iets in hom wakker gemaak. Hy het ’n hele paar verse in daardie tyd geskryf wat ’n mens as portrette kan beskou.
“Later het ek in name begin belang stel, om met name te speel. Daar het toe nogal ’n klomp gedigte bygekom. Ek het toe teruggegaan na die gedigte wat ek oor portrette geskryf het en toe dink ek, maar wat anders is ’n naam as ’n soort portret?”
Dit het ook te doen met verliese en teleurstellings.
“Nou kom ons by die vreeslike clichématige gedeelte van die proses,” en sy stemtoon verander en hy sit meer regop wanneer hy dit tong in die kies sê.
“Daar word my hart gebreek. Is jy nie besig met ’n lys van verliese nie of ’n little black book, of verhoudings, of teleurstellings nie? Notches on your bed post, daardie soort ding. Dit het ook terugskouend die ander gedigte effens begin verander.
“Dit het al drie daardie skryffases gevorm, en dan kom jy op goedjies af wat jou tickle. Jy dink jy kan skryf daaroor, en jy besef dit kan so aansluit by hierdie gedagte van ’n karakterlys of ’n naamlys. Die plan vir ’n string gedigte was altyd daar.”
Marais, ’n boorling van die Paarl en oud-Matie, het in 2008 met die bundel Staan in die algemeen nader aan vensters gedebuteer. Dit is onder meer met die Ingrid Jonker-debuutprys en die Eugène Marais-prys bekroon.
In 2012 het sy tweede bundel, Kry my by die gewone plek aguur, verskyn.
Dit is ook dieselfde jaar waarin hy na Johannesburg verhuis het.
Sy trek na die noorde was om op die destydse kykNET-ontbytprogram Dagbreek te werk.
Deesdae is hy die inhoudsregisseur van kykNET Verslag in gesprek met Waldimar Pelser, redakteur van Rapport, as die aanbieder.
“Die afgelope vyf jaar is ek al met politieke nuus besig, wat vir my ’n hengse gear change was. Daar is ’n lekker deel daaraan. Dis daardie aangename soort senuwees van jy gaan skoolkonsert opsit. Maar dis baie ernstige goeters waarmee jy werk.”
Die leser kom onder die indruk van ’n Johannesburgse inwoner met die lees van Jan, Piet, Koos en Jakob.
“Dit is seker maar ’n ding. Dit sal altyd deel van jou skryfwerk wees. En Johannesburg . . .
“Ek sou sê Johannesburg is moeiliker om oor te skryf as Kaapstad. Ek weet nie presies hoekom nie, maar dit het daarmee te make dat jy in Johannesburg ’n bietjie meer moeite moet doen om jou te geniet. En the effort gets rewarded.”
Baie van die gedigte is waar, maar Marais onthou iets wat die Hertzog-bekroonde digter en skrywer Marlene van Niekerk hulle geleer het toe hy aan die Universiteit Stellenbosch by haar klas geloop het: Jy kan lieg, maar nie bedrieg nie.
“Soms skryf jy ’n ding en dan besef jy dit kort iets. En dan moet jy maar ’n bietjie bylieg.
“In baie van die gedigte skryf ek as een van die name, as iemand anders. Tog wou ek nie gehad het dat dit soos ’n totaal ander stem moes klink nie. Dit moet nog steeds ’n groot element van my eie stem hê.”
Anders as sy vorige twee bundels het hy die nuwe bundel baie meer vir homself geskryf.
“Daar is vreeslik baie biegerige gedigte. ’n Gedig is nie ’n rubriek of debat, traktaat of argument nie. Jy moet ’n balans handhaaf.”
’n Handvol van die gedigte het dalk met ’n gelukskoot dadelik reg daaruit gesien, maar soos gewoonlik moet ’n mens lank oorskryf en soms skrap.
“Trouens, baie van die gedigte het gebeur onder daardie lamp in die oggend voor werk.” Hy beduie na die tafel in die vertrek waarin ons gesels.
“Daar kom so ’n sparkle. Daar is ander verse waaraan jy baie, baie lank werk. Dikwels gaan dit deur verskillende vorms en dit vat lank om reg te kom. Dit verskil ook van gedig tot gedig. Daar is nie ’n volle stel reëls nie.”
Daarom hou hy nie van ’n voorskriftelike beskrywing van hoe ’n mens ’n gedig moet skryf nie.
Van Niekerk moes hom stellig ’n waardevolle ding of twee oor die skep van gedigte geleer het.
“Daar is ’n sekere sensitiwiteit wat ’n oopheid vir die wêreld en dinge bring – om soort van jou sintuie net oop te hou. Dit klink soos ’n baie maklike ding, maar dis iets wat ek dink vir my die meeste beteken het.”
Is sy sintuie ook oop wanneer hy soggens onder daardie lamp sit en gedigte skep?
“Ja . . . maar jy moet onthou om poësie te skryf is not a real time thing. Jy onthou ’n ervaring of daardie soort ding. Ek weet nie, sintuie is dalk ook ’n bietjie te spesifiek. Dis ’n ding van hoe vreemd dinge rondom ons is. Daardie eerlike terugvoer wat jy in ’n klasopset (soos by Van Niekerk) kry, van die ander klasmaats ook. Dit is vreeslik waardevol.”
Marais moet regtig in die bui wees om poësie te skryf.
“Ek sê altyd jy moet regtig verveeld wees wanneer jy gedigte skryf, want daar is baie dinge daarbuite.”
Die gedagte met die bundel is gewis nie om ryk of beroemd te word nie. Die fokus is ook nie om ’n enkele boodskap oor te dra nie.
Vir Marais gaan dit ook oor die fisieke voorwerp.
“Dit is mooi gedruk en hier is dit, ek kan daaraan vat. Dis ’n ding, dis nie op ’n webblad nie. Ek dink daar is ’n klein bietjie ydelheid aan enigiemand wat skryf. Soms baie ydelheid.”
Poësie is ook vir hom ’n manier om te kommunikeer.
“Jy wil dit sê en aan mense oordra en elke keer is dit iets anders.”
Digters soos Sheila Cussons en Wilma Stockenström is van sy gunsteling-digters in Afrikaans.
“My Cussons- en Stockenström-bundeltjies is vieslik deurgeblaai. Ook my (Dirk) Opperman.”
Hy vind aanklank by Cussons (wat Katoliek geword het) se manier om oor geloof te skryf. Die roman Abjater wat so lag is sy gunsteling-werk deur Stockenström, wat aan haar die Hertzogprys besorg het.
“Hoe poësie dikwels vir my werk: Jy gaan sit voor daai stukkie taal. En jy vat die tyd om dit te waardeer. Jy raak rustig met daai taal. Ek sal nie daarsonder kan leef nie.” - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie