Logos Hope gooi anker in Walvisbaai
Tanja Bause - Die wêreld se grootste, drywende boekwinkel en ’n projek van Operasie Mobilisasie, die Logos Hope, lê voor anker in die Walvisbaai-hawe.
Die skip spog met die wêreld se grootste versameling boeke wat te koop is en het 400 vrywillige bemanningslede van 45 verskillende nasies aan boord. Die Logos Hope sal tot 27 Julie in die hawe vasgemeer wees, met besoekers wat vandag vanaf 14:00 tot 20:30 weer aan boord kan gaan. Woensdag tot Sondag is dit vanaf 10:00 tot 20:30 oop vir die publiek. Die meer as 5 000 boeke dek ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Intussen het talle inwoners aan die kus en uit die binneland reeds die skip besoek. Me. Marleece Geldenhuys van Windhoek het spesiaal die lang tog kus toe afgelê om die Logos Hope van naderby en binne te aanskou en nuwe boeke aan te skaf.
“Ons was Saterdag op die skip en toe ons afklim, was daar ’n vreeslike lang ry mense wat ook aan boord wou gaan.” Die Logos Hope vertrek op 28 Julie waarna dit op 4 Augustus in Libreville, Gaboen, sal vasmeer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie