Lohmann die uitskieter in Tsumeb-toernooi
Lohmann die uitskieter in Tsumeb-toernooi

Lohmann die uitskieter in Tsumeb-toernooi

Gholf
Charlie Lohmann het die uitsonderlike reggekry toe hy as ’n speler met ’n voorgee vir die B-afdeling as algehele wenner van ’n junior gholftoernooi uit die stryd getree het

Die Namibiese Junior Gholfstigting (NJGF) het onlangs vir die eerste keer ’n ope toernooi op Tsumeb aangebied.

Dit was hier waar Lohmann, van Omeya-gholfklub, die algehele wennerstitel voor gerekende opponente soos Willie Els, Cilliers Sachse en Jonathan Mather weggeraap het.

Die Tsumeb gholfklub se komiteelid Jackie Coetzee en afrigter Joseph Nugurib doen groot moeite om die spel in die noorde te ontwikkel.

Die NJGF het gevolglik besluit om volgende jaar twéé junior ope toernooie op die noordedorp aan te bied.

Spelers in die A- en B-afdelings het oor 36 putjies meegeding (medaljeformaat) en in die C-afdeling (voorgee 19 tot 36) was dit 18 putjies stableford.

Charlie Lohmann het sy persoonlike beste rondes in ’n toernooi (39, bruto 40) aangeteken.

Erastus Ndakalako het in die eerste ronde goed begin (43, bruto 39), maar was in die tweede ronde ongelukkig toe die bal by putjie 9 weggeraak het (49, bruto 41). Ndakalako was nietemin die algehele netto-wenner.

Die NJGF werk nou saam met gholfklubs oral in die land om die junior spel te ontwikkel.

“Ons het in die derde skooltermyn ’n liga van skoletoernooie begin en die finaal sal op 2 November tesame met die Junior Kus Ope by die Rössmund-baan gespeel word.

“Laas jaar was daar drie ope toernooie vir juniors en vanjaar reeds sewe op verskeie plekke in Namibië. Volgende jaar wil ons dit nege maak, in elke skooltermyn,” sê me. Adri Pienaar, president van die NJGF.

“Ons belê in Namibië se afrigters en hul vaardighede. Ons is bevoorreg dat Vallerie Holland, hoofafrigter van Suid-Afrika se nasionale junior span, ook aan boord is.”

Uitslae van die Tsumeb Junior Ope:

Algehele bruto wenner – Charlie Lohmann 166.

Algehele netto wenner – Erastus Ndakalako 145.

A-afdeling bruto wenner – Cilliers Sachse 174.

A-afdeling netto wenner – Jonathan Mather 158.

B-afdeling bruto wenner – Henry Mudge 188.

B-afdeling netto wenner – Alfred Shikongo 189.

C-afdeling: 1 Alejandro Gillmer 40 punte, 2 Yuri Ryvkine (29), 3 Kyle Johnson (26).

Afdeling vir spelers sonder voorgee: 1 Eugene Grobler (22 punte), 2 Jackson Kawaya (22), 3 Bonnie Hoabeb (20), 4 Wesley Haseb (17), 5 Xavier Schreuder (11), 6 Lean Grobler (11), 7 T. Voights (7), 8 JP Johnson (7).

In die ontwikkelingsgroep (13 en jonger) het Divan Oosthuizen, Daryl Sibanda, Andrew Breytenbach en Xavier Lopes oor sewe verkorte putjies van 100 tot 150 meter deelgeneem.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer