Lonmin se aandele val wéér soos 'n klip
Lonmin se aandeelprys het Maandag op die JSE pakslae gekry en met 11,56% tot R17,91 geval nadat hy sy halfjaarresultate tot einde Maart bekend gemaak het.
Die maatskappy het volgens Bloomberg se data ongeveer R700 miljoen in markwaarde op een dag verloor nadat dit tot R5,058 miljard gedaal het.
Die maatskappy, wat platinum veral in Noordwes myn, het in die halfjaar 'n bedryfsverlies van US$181 miljoen aangeteken. Dit sluit 'n waardedalingskoste van US$146 miljoen in.
Die waardedalingskoste is weens “ons verandering in vooruitsigte op eenheidskoste gekombineer met die versterking van die rand teenoor die dollar”, sê die maatskappy in 'n Sens-verklaring.
Sonder dié koste was die bedryfsverlies US$35 miljoen teenoor 'n bedryfsverlies van US$15 miljoen vir die ooreenstemmende tydperk wat nie 'n waardedalingskoste ingesluit het nie.
Hy het 387 000 ton erts in die halfjaar verwerk wat 7,6% minder is as die ooreenstemmende tydperk in 2016. Hy het 47 624 onse van platinumgroepmetale (PGM) gelewer wat 13,7% minder is as in die eerste helfte van 2016.
Lonmin se inkomste is 6% laer op US$486 miljoen en sy netto kontantbalans is 34% laer op US$75 miljoen teenoor 'n jaar gelede.
Hy het geen verdienste voor rente, belasting, waardevermindering en amortisasie (ebitda) gelewer nie.
Investec-ontleders sê hulle is die meeste bekommerd oor die dalende likiditeit van die maatskappy.
Sy likiditeit het met 6% tot R447 miljoen teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar gedaal.
Lonmin het die afgelope jare die wind sterk van voor gekry. Ná die 2012-staking, waartydens 44 mense dood is, waaronder die 34 mense wat in die Marikana-slagting doodgeskiet is, was daar 'n verlammende vyf maande lange staking in 2014, asook 'n mislukte meganisasieprogram van bykans US$1 miljard. Dit alles gepaardgaande met 'n skerp daling in die platinumprys.
Lonmin se aandeelprys het 'n hoogtepunt van R739,90 op 14 Februarie 2014 bereik wat hom tóé 'n markwaarde van R53 miljard gegee het.
Hy het die afgelope drie jaar ongeveer R47 miljard in markwaarde verloor.
Sy een jaar opbrengs is tans -58,92%. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie