Lont brand al hoe korter vir die SAL
Lont brand al hoe korter vir die SAL

Lont brand al hoe korter vir die SAL

Teen die einde van verlede week moes die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) R6,8 miljard se lenings aan banke moet terugbetaal. Die Suid-Afrikaanse tesourie en SAL het egter geswyg oor hoe dié lenings vereffen gaan word.
Die kabinet, met wie die tesourie ook Woensdag sou vergader met ’n pakket van finansieringsopsies vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) om te oorweeg, het ook nie Donderdag soos gewoonlik ’n mediakonferensie ná sy tweeweeklikse kabinetsvergadering gehou nie.

’n Reeks banke, wat Nedbank en Citibank insluit, het lenings aan die SAL toegestaan wie se looptyd Saterdag verstryk.

Hoewel die tesourie tot dusver laat blyk het dat die meeste banke wel bereid is om hul lenings te verleng, is Citibank nie bereid nie en die SAL sal dus minstens sy lening van R1,8 miljard Vrydag moet terugbetaal.

Waar die R1,8 miljard vandaan gaan kom, is nog nie bekend nie.

In Junie het die tesourie ’n spesiale noodklousule in die Grondwet benut om R2,2 miljard uit die staatskas te gryp om Standard Chartered Bank se lening aan die SAL terug te betaal nadat dié bank vasgeskop het oor die gedurige uitstel van leningsterugbetaaldatums.

Malusi Gigaba, minister van finansies, moes vandeesweek hewig walgooi oor die toenemende storm wat losgebars het oor die tesourie se poging om geld van die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), die batebestuurder van die staatspensioenfonds, te vat om die SAL met sy geldknyp te help.

Dr. Dan Matjila, uitvoerende hoof van die OBK, het bekend gemaak dat die SAL wel al vroeër gevra het om ’n lening van R6 miljard by die OBK, maar die aansoek is van die hand gewys omdat dit nie voldoen aan die minimum beleggingskriteria vir die staatspensioenfonds nie.

Vrae aan die tesourie oor sy planne om ’n spesiale aanwendingswetsontwerp in die parlement ter tafel te lê om geld van die staatskas te vat om die SAL te help en vrae aan die SAL oor vorige uitsprake van sy finansiële hoof in die parlement dat hy die OBK wil nader as alternatiewe skuldfinansier, is tot dusver nie beantwoord nie.

Van die voorwaardes wat die banke in die verlede gestel het om lenings te verleng, is dat Dudu Myeni, voorsitter van die SAL, eers moet uittree en dat ’n voltydse uitvoerende hoof aangestel word.

Gigaba het Myeni se termyn as voorsitter tot en met die SAL se beoogde jaarvergadering vroeg in November verleng en Vuyani Jarana, topbestuurder van Vodacom wat as nuwe SAL-hoof aangewys is, kan eers op 1 November in sy nuwe werk begin. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 36° Rundu: 24° | 34° Eenhana: 21° | 36° Oshakati: 22° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 37° Otjiwarongo: 19° | 35° Omaruru: 18° | 36° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 17° | 32° Henties Bay: 14° | 20° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 13° | 29° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 17° | 32° Lubumbashi: 17° | 25° Mbabane: 12° | 19° Maseru: 9° | 20° Antananarivo: 18° | 30° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 20° | 25° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 21° Harare: 18° | 26° #REF! #REF!