Looser en Pritzen wen Tour de Windhoek

Padfietsry
Andrew Poolman
Tielman van Lill – Die vierdaagse 2022 Pupkewitz Megatech Tour de Windhoek-padfietstoer is Sondag deur Vera Looser van die Mannies Bike Mecca-span (MBM) en Suid-Afrika se gebore Windhoeker Marc Pritzen (Honeycomb Pro Cycling) gewen.

Looser het die vrouetoer (ongeveer 245 kilometer) in 7 ure 00 minute 53 sekondes voltooi, terwyl Pritzen 7:42:59 vir die elite mans se 355 km nodig gehad het. Pritzen het nie enige van die vyf skofte gewen nie.

Looser het vier van die skofte sowel as die proloog ingepalm. Sy het Sondag die vyfde en laaste skof (53 kilometer) by die Von Bachdam in 1:41:37 in die tweede plek voltooi met Anri Krugel eerste (1:41:37).

Pritzen het die laaste skof by Von Bachdam oor 77 km in 1:50:16 in die agtste plek voltooi.

Courtney Liebenberg (MBM) 7:01:54 is algeheel tweede by die elite-vroue en Melissa Hinz van Food Lover’s Market (FLM) derde in 7:02:09.

Die Suid-Afrikaners Brandon Downes (TEG Procycling) en Travis Barret (Honeycomb) eindig algeheel onderskeidelik tweede en derde in 7:43:40 en 7:44:19.

Die beste drie Namibiërs algeheel is Alex Miller (vierde, 7:45:12), Hugo Hahn sewende in 7:46:03 (beide Megatech Elite) en Brandon Plaatjies (NCCS) twaalfde in 7:59:19.

Die elite spanne eindig soos volg:

Mans: 1 Honeycomb, 2 Megatech Elite, 3 TEG Procycling.

Vroue: 1 FLM, 2 MBM, 3 Cymot.

(FOTO’s deur Hesron Kapanga van Nampa, Andrew Poolman, Axel Theissen en Claudia Surén).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!