Looser geniet elke uitdaging
Fietsry
Tielman van Lill
Die Namibiese fietsryer Vera Adrian (nou Looser) het Saterdag by Montsevelier, Switserland, aan die 34ste Tour du Jura-padfietstoer aan die elite afdeling vir vroue deelgeneem.
Adrian, wat verlede jaar met die Switserse bergfoetsryer Konny Looser getroud is, het die derde posisie in die 124.1 kilometer-eendagresies vir vroue ingepalm. Die uiters gewilde resies is laasjaar ná ’n afwesigheid van twaalf jaar weer vir die eerste keer aangebied.
Adrian, wat Sondag opnuut haar slag in ’n “cyclo cross”-fietsrykompetisie gewys het, was ingenome met haar prestasies die afgelope naweek.
“Ná Saterdag se derde plek by die Tour du Jura, is ek heel tevrede met my vertoning om die podium te haal. Baie dankie aan die organiseerders wat baie moeite gedoen het om die geleentheid te reël sodat ons vir ’n slag kon jaag!” het sy op haar Facebook-profiel geskryf.
Sondag was Looser terug op die padfiets in Baden, Duitsland – die keer om haar talent teen 49 internasionale mededingende elite vroue te toets. Ongelukkig kon sy nie onder die topses klaarmaak nie.
Die moeilike resies op ’n grondbaan langs die Baldegg-meer is deur Elisabeth Brandau, die Duitse kampioen, gewen met twee Switsers op haar agterwiel – Nicole Koller tweede en die 17-jarige Nicole Göldi derde. Die Italianer Rebecca Gariboldi (vierde), Line Burquier van Frankryk (vyfde) en die Nederlander Sophie de Boer (sesde) voltooi die topsesplekke.
Looser sê: “Dit was beslis nie maklik nie, want ek was maar 39ste op die ranglys uit die 50 inskrywings vir die resies geplaas. Ek het goed gevaar en kon my plek tot in die 14de posisie teen baie sterk kompetisie oopveg. Die toestande was presies soos ek dit verkies, want dit was stowwerig, terwyl die dagtemperatuur 28 grade Celsius was.”
Die Namibiër was die afgelope weke bedrywig in berg- en padfietsresiese in die Switserse Alpe, as deel van haar opbou om volgende jaar in Tokio op haar Olimpiese debuut in Rio de Janeiro 2016 as padfietsryer voort te bou.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie