Looser weer op die wenpad
Bergfietsry
Tielman van Lill
Die 2017 Nedbank Desert Dash het Saterdagoggend voor sonop sy eerste wenners opgelewer toe Konny Looser van Switzerland die 369 km vanaf Windhoek na Swakopmund in die vinnigste tyd nog van 13 ure 55 minute 29 sekondes afgelê het.
Looser van Team Tissot Adrian & Meyer het soos in 2015 en 2016 weer eens gewys dat hy geen gelyke op die langpad in die saal het nie en het N$34 000 vir sy solo-oorwinning in die sak gesteek. Looser sou aanvanlik ná sy tweede sege in Desember 2016 nie vanjaar aan die 13de byeenkoms deelgeneem het nie.
Max Knox en Thinus Redelinghuys, Looser se naaste teenstand in die soloafdeling, het onderskeidelik met ‘n tyd van 14:41:14 en 15:12:22 in die tweede en derde plek geïndig om N$19 000 en N$12 500 in die bank te hê. Knox is van Namibië terwyl Redelinghuys die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper het.
In die soloafdeling vir vroue het Rebecca Robisch van Duitsland die eerste plek ingeneem (16:09:14) met die Namibiërs Wilmien Chamberlaine (18:26:44) tweede en Anri Parker (20:18:13) derde. Die vroue se prysgeld is dieselfde as die van die mans. Dit was Robisch se tweede wenslag in twee jaar.
Tweemanspanne
Onder die mans het Team Kia Elite, aangevuur deur Cobus Smit en Drikus Coetzee, dié afdeling in ‘n tyd van 14:41:14 oorheers terwyl Michelle Vorster en Carmen Buchacher (Team Janine & Suzelle Davin Sport Trust) eerste met 16:10:02 geëindig het.
Nelis van Zyl en Jean-Paul Buger was tweede in 15:31:36 (Team Timber Ex) en Team King Price Insurance van Braam Vermeulen saam met Clinton Hilfiker derde in 16:03:21. Onder die vroue was Hermien Stals en Genevieve Weber (Marathon Sugar) tweede (16:51:06) en Janine Muller/Mari du Toit (Team Okley Girls) derde (17:29:22).
Gemengde tweemanspanne
Die solomanswenner van 2014, Nichol Jordaan, en sy vriendin Jana Kruger het in dié afdeling met ‘n tyd van 16:28:50 geseëvier met Christiaan Bean en Silke Bean tweede (17:42:21) en Marion Schonecke en Ananias Tamatisous derde (18:07:39).
Viermanspanne
Die vier brekers van die Mannies Bike Mecca-span, Tristan de Lange, Hans du Toit, Alex Miller en Denzel de Koe, het stof in die res van die mededingers se oë geskop toe hulle in 13:55:28 klaargemaak het. Dit is ‘n sekonde vinniger as Looser se solowentyd wat ‘n bewys van dié Switzer se ongelooflike vermoëns is.
In die tweede posisie het Team Kia-UCT met Luke Evens, Wayde Finch Liam Swanson en Aaron Swanson in die enjinkamer in 14:36:21 geëindig, terwyl Andrew McLean, Piet Swiegers, Jan Dams en Robert Sim (Godwana Dust Devils) die derde plek (14:38:21) opeis.
Die vroue-afdeling is deur die Hollard-masjiene van Marqurette Verwey, Antja du Toit, Wanda Tatterall en Hester Prins met n tyd van 16:49:15 oorheers terwyl die Propshaft Engineering-span van Maike Bochert, Adele de la Rey, Michaela Ham en Anneke Steenkamp (17:11:13) tweede is. Gesa Kock, Gabriela Raith, Benita Kasch en Rosi Hennes (Namibian Coffee Roasters) derde in 18:24:07.
Gemengde viermanspanne (twee mans, twee vroue)
Eerste is André de Klerk, Janine de Klerk, Michelle Doman en Eddie Viljoen (Indongo Toyota) in 16:32:01. Tweede is Sandra Lippert, Gudrun Marschall, Phillip Theissen en Axel Theissen (Cymot Scott Quartet) in 18:06:56 en derde geplaas die Terrain Tamer-span van Greg Chase, Bronwen Chase, Brian Kibble en Kim Kibble in 18:20:31.
Looser het ná die ultramarathon met die Nampa gesels.
“Ek ken die roete al goed en die weer het lekker saamgespeel, dus kon ek my planne maklik uitvoer,” het die driemalige wenner gesê.
Looser het later op sy Facebookblad sy ondersteuners vir al die boodskappe asook die organiseerders van die Desert Dash bedank.
“Weer eens baie dankie aan al my ondersteuners en borg wat dit moontlik gemaak het en baie geluk aan almal wat die afstand suksesvol kon voltooi. Julle is almal waansinnig! Ek het meer as 54 000 kilojoules verbrand en teen ‘n gemiddelde polsslag van 158 slae per minuut gery waar die maksimum 194 bereik het. Ek het 6.5 liter water gedrink, drie liter isotoniese drankies en twee liter Coke afgesluk. Ek moes drie energiestafies, vyf kaffeïenaanvullings asook sewe jellies en ‘n toebroodjie eet om die energievlakke konstant te hou,” het Looser geskryf.
Looser het die 369 km teen 'n gemiddelde spoed van 26.5 kilometer per uur afgelê. - Bykomende inligting Nampa/Adolf Kaure

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie