Lorriedrywer glo met dwelms by lughawe vasgetrek
Lorriedrywer glo met dwelms by lughawe vasgetrek

Lorriedrywer glo met dwelms by lughawe vasgetrek

Francoise Steynberg
'n Vragmotorbestuurder van Absolute Logistics is glo Vrydag omstreeks 15:00 by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se vragvervoer-afdeling met dwelms in sy besit in hegtenis geneem.

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is die man tydens 'n polisiesoektog met 4 205 Mandrax-tablette in sy besit gevind.

Die waarde van die dwelms is volgens die polisie N$504 600.

"Die vragmotorbestuurder was op pad na Gobabis," sê die polisie.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto ter illustrasie Cobie Bok

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer