Los net 'n merk.
As daar nou een plek is waar jy my nooit weer sal sien nie, is dit Upington. Net die naam is reeds onnodig.
Dit is heel moontlik die enigste dorp in Suid-Afrika wat geen merk op 'n mens laat nie. Die plek het minder impak as Kurt Darren se danspassies by 'n fees.
Niks is besonder mooi nie, die strate is vaal, die mense is almal dik of bles, dra rugbytruie in malls en behalwe vir die Oranjerivier, is daar niks.
Sondagmiddag ry ek die dorp in. Ek oornag by 'n gastehuis wat volgens die website óp die rivier se wal lê. En nie ín hom nie. Ek kom nie om vriende te maak nie, so 'n bed en stort is al wat ek vra. In hierdie stadium is die rivier 'n bonus. Die tannie wat my help, lyk soos n ballon die oggend na 'n 21st.
Moeg, onprakties en gerimpel.
Sy stap met n bos sleutels deur 'n tuin tot voor 'n turkoois gebou. Oral is voëls wat sy uit ou wynbottels gemaak het. Party drink kastig water en ander sit in die bome.
“Dis nice, nè,” sê sy.
“Ja, dit move my. Dis baie stylvol gedoen,' sê ek.
Stel jou voor ek het gesê dit lyk terrible. Sy is die tipe wat 'n Minora sal gryp.
“Die kamers het ons onlangs oorgedoen. Die painters was nog gister hier. Jy kan enigiets doen, bly net weg van die mure af,” waarsku sy my.
Sy vat die bos sleutels en begin een soek wat in die slot pas.
Ek gaan sit op die trappie en steek 'n sigaret aan. Ek SMS my pa en lig hom in dat ek nog 'n hartklop het. Die vrou sukkel haar moeg vir 'n verdere drie trekke.
Met genade van êrens kry sy my deur oop. Toe ek die kamer binneloop, het ek eintlik gewens sy kry nooit die sleutels van die hele guesthouse nie. Dit lyk soos die kraamsaal in 'n staatshospitaal.
“Waar is die rivier?” vra ek. Ek moes daar weg.
“Onthou net die verf, my hartjiemens. En as jy wil afloop rivier toe, moet jy net die voetspore volg. My man het moeg geraak van die mense wat verdwaal, toe verf hy een Sondag sy voete wit en loop af. Tot vandag kom almal weer huis toe. Kan ek jou opskryf vir ete? Ons vra 69 'n kop,” sê sy.
“Jou man is dierbaar. Hoe laat skop julle af?' vra ek.
“Nee, daar's nie rugby op vandag nie. Hoe laat wil jy kom eet?” vra sy.
Ek sê: “Tannie lyk moeg. Ek sal seweuur aansit.”
Vroeg die volgende oggend is ek gestort. Ek het 'n lang pad wat voorlê. Upington se somers word in die hel gemaak. Dit is regtig een van die warmste plekke op aarde waar ek al was. Dis ver van 'n joke af. Ek trek my kortste broek en ligste T-shirt aan en laai my goed in die kar. Ek loop toe deur die tuin om te gaan betaal en dankie te sê. Hier sit 21st onder 'n boom met 'n leë bottel Nederburg Baronne.
“Môre. Hierdie een gaan 'n African Grey wees. Die nek is net bietjie dun, maar van ver af sal jy dit nie sien nie. Het jy darem geslaap?" groet sy.
“Baie lekker,” lieg ek. Sy sit iewers met daai Minoras. Ek tel my woorde.
Ek het gegroet en die motor gaan voltap. Ek is in by die winkel vir water, droëwors en peanuts.
“Goeiemôre, Meneer. Hoe gaan dit vandag met jou? Hoe help ek?” sê die dame by die diensstasie.
“Baie goed, dankie.”
“Daarsy, Meneer. Dit help nie ons kla nie,” sê sy.
Partykeer doen dit, antwoord ek.
“Veilig ry. Die pad hier op is besig. Veral daai stuk tussen Keetmans en Mariental.”
Ek sê: “Hoe weet jy ek bly nie hier nie?
“Niemand hier trek so mooi soos jy aan nie. Mense is allergies vir oorspronklikheid,” sê sy.
Dis 'n normale wit T-shirt waarvan die kraag uitgerek is.
Niks wat ek nou aanhet is enigsins oorspronklik of uniek nie.
Heeltemal onseker oor wat sy sê, loop ek kar toe en begin die lang, eensame pad huis toe ry. Daai aand by die huis toe ek gaan stort, sien ek my T-shirt is vol turkoois merke. En sonder dat ek dit besef het, het Upington tóg sy merkie op my gelos.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie