los partytjie, gee geld vir hospitaal
Henriette Lamprecht
Gebruik eerder die N$1 miljoen wat vir Namibië se onafhanklikheidsvieringe geoormerk is om die Katutura-staatshospitaal op te knap.
Midde oproepe uit die geledere van opposisiepartye om die land se 30ste herdenking van onafhanklikheid op 21 Maart te boikot, het 'n aanlyn veldtog nou soos 'n veldbrand op sosiale media versprei wat sê die geld vir die vieringe kan dié hospitaal se lot verander.
Die plasing onder die vaandel Boycott One Million Independence Celebrations – Fix Katutura State Hospital beskryf die hospitaal as “'n plek vir siek en bejaarde mense met 'n gebrek aan beddens en die basiese benodighede” Ook 'n plek waar primêre gesondheidsorg “in haglike omstandighede” verskaf word.
Die plasing word ook vergesel van twee foto's wat glo die omstandighede in die hospitaal weerspieël.
Die een wys pasiënte wat in 'n saal op matrasse op die vloer moet slaap, terwyl 'n ander foto 'n kinder- of babasaal wys waarvan die vloer onder water en met lakens bedek is.
MAAK 'N VERSKIL
Laat onafhanklikheidsvieringe se gratis ete, T-hemp, hoed en Coke (sonder suiker) by jou verbygaan, sê die plasing en vier dit eerder deur 'n fisieke verskil “op die grond en nie in jou maag nie” te maak.
Die plasing is deur meer as 'n 1 000 mense gedeel wat die sentiment vir ingryping in die land se sukkelende gesondheidsektor beaam.
Een sonder die stank op die sewende vloer Saal B uit met muise wat rondhardloop, terwyl 'n ander deel oor 'n familielid wat in die Oshakati-staatshospitaal geopereer is en haar wond glo vir 'n maand “oopgelos” is omdat daar nie medikasie was nie.
Volgens nog 'n Facebook-gebruiker hardloop die muise glo saam met die kostrollies in die hospitaal “oor die mense wat siek is”, terwyl nog 'n vrou vertel hoe sy en haar siek baba uit vrees vir kieme in die gang moes gaan sit wanneer iemand die toilet langs hulle gebruik het, aangesien daar nie 'n deur is nie.
Swapo se hoofkantoor van N$700 miljoen wat “toevallig” langs die hospitaal gebou word, kom ook onder skoot. In reaksie hierop sê Facebook-gebruikers “dit wys duidelik politici gee meer om vir 'n kantoor as vir openbare gesondheidsgeriewe. Verbeel jou jy vier onafhanklikheid siek waar jy op die grond lê”.
“Stem 110%” het 'n leser gereageer op Republikein se voorbladberig waarin onder meer die Popular Democratic Movement (PDM) se jeugliga vir 'n boikot van vieringe vra.
“Mens kan nie hospitaal toe gaan nie, want jy raak net sieker. Dit stink, is vuil en die kakkerlakke vreet mens op. Die badkamers en toilette is vieslik. Die klokkies by die beddens bestaan nie meer nie,” kla 'n leser.
Nog een betreur die feit dat die staat nie meer 'n kardioloog in diens het nie en klinieke vir hartpasiënte gedurig gekanselleer word. Dit is buiten vir medikasie wat blyk net nooit die staatsapteke bereik nie. Ook het die hospitaal se tandheelkundige afdeling glo nie spuitstof, naalde of “herstellingsmateriaal” nie.
Intussen het 'n dokter wat daagliks by die hospitaal diens verrig gesê hy is bewus van die aanlyn veldtog en –foto's, maar het gemaan dit kan ook “buite konteks” gebruik word.
“Daar is ook baie goeie werk wat hier verrig word,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie