Lotery-wenner wil US$50 m. skenk
Lotery-wenner wil US$50 m. skenk

Lotery-wenner wil US$50 m. skenk

Die geheimsinnige wenner van 'n fenomenale loteryboerpot van US$560 miljoen het besluit om vir eers twee dinge met haar geld te doen. Eerstens gaan sy nie haar identiteit bekend maak nie, en tweedens wil sy US$50 miljoen aan liefdadigheidsorganisasies skenk.

Die BBC berig die wenkaartjie vir die Amerikaanse Powerball-lotery is in New Hampshire gekoop.

Die wenner het dadelik regshulp gekry en 'n aansoek teen die deelstaat gebring dat haar naam nie bekend gemaak mag word nie. New Hampshire is een van die Amerikaanse deelstate wat wel loterywenners se naam aankondig, maar wenners mag 'n trust te stig wat hul wengeld dan anoniem kan ontvang.

Haar prokureur, William Shaheen, sê sy wil nie haar identiteit bekend maak nie. Al wat sy wil doen, is om goeie dade te verrig.

Dié gelukkige wenner se prokureur het vandeesweek 'n eenmalige bedrag van US$352 miljoen namens haar in ontvangs geneem.

Die vrou het besluit op dié eenmalige uitbetaling, wat minder is as die oorspronklike US$560 miljoen. Sy sal ook belasting moet betaal wat die uiteindelike bedrag wat sy ontvang op US$264 miljoen te staan bring.

Volgens die Washington Post is daar nie veel bekend oor die wenner nie. Sy het die Powerball in Januarie gewen en gevra om anoniem te bly.

Die regter in die aansoek het nog nie besluit of haar identiteit geheim mag bly nie, maar het intussen wel beslis dat sy haar wengeld mag kry.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!