Louis Vuitton 'handel nie met krokodil-mishandelaars'
Die vervaardiger van luukse artikels LVMH sê sy Louis Vuitton-handelsmerk het alle handel gestaak met Viëtnamese plase waar krokodille glo mishandel word.
Die krokodille se velle word gebruik om handsakke en ander bykomstighede te maak.
Die diereregte-organisasie People for the Ethical Treatment of Animals (Peta) beweer dat krokodille op hierdie plase mishandel word.
“Die LVHM-groep en sy verskaffers het in 2014 alle handel gestaak met plase wat deur Peta uitgewys is,” het LVMH Vrydag gesê.
Die groep het bygevoeg dat krokodilvelle sedertdien van ander Oosterse verskaffers gekry word.
Peta het Donderdag gesê dit het 'n aandeel in LVMH gekoop wat dit in staat te stel om druk op die Franse maatskappy toe te pas om die verkope te keer van produkte wat van eksotiese diervelle gemaak word.
Die diereregtegroep, wat hom lank beywer vir 'n verandering by die luuksegoederegroep, het 'n dokumentêre fliek uitgereik oor die swak toestande wat op die plase heers.
Die plase se name is nie in die fliek genoem nie.
Dit is nie Peta se eerste veldtog van dié aard nie.
In 2015 het Peta beweer dat die luuksegoederegroep Hermes velle kry van 'n krokodilplaas in Texas, wat na bewering ook nie sy reptiele behoorlik behandel het nie.
Die aktrise en sanger Jane Birkin het daarop gereageer en Hermes gevra om haar naam van een van sy topverkoper-handsakke te verwyder.
Hermes sê hy het die bewerings ondersoek en Birkin verseker dat daar aan die hoogste etiese standaarde in die behandeling van sy verskaffers se krokodille voldoen is en dat hy maandeliks die verskaffers besoek. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie