Louw begin jaar op wennoot teen Jauss
Tennis
Die gehalte van spel was uitsonderlik by laas naweek se eerste toernooi van die jaar vir die Namibiese Junior Tennisvereniging, wat op Swakopmund aangebied is.
Die inskrywings van Windhoek, Okahandja en die kusdorpe het neergekom op altesame 58 spelers, waarvan 39 seuns en 19 meisies. Ondanks bedompige hitte by die kus, is die vaardighede wat in die algemeen op vertoon was 'n belowende aanduider vir wat die res van die jaar voorlê.
George Louw was 'n verrassende wenner in die seuns onder 18-kategorie, toe hy in 'n spannende eindstryd die greep afgeskud het wat Daniel Jauss tot nou toe op die kompetisie gehandhaaf het. Louw het die wedstryd met 6-4, 6-4 beklink. Die derde posisie is deur Dian Calitz opgeëis.
Elze Stears het as wenner in die o.16 meisieskompetisie na vore getree.
Die o.16 seuns was in verskeie opwindende wedstryde betrokke, met die nuweling Joel Hiveluah wat tot die eindstryd deurgedring het voordat sy opmars deur Oliver Leicher gestuit is.
In beide die o.14 meisies- en seunskompetisies was daar verrassende uitslae, deurdat die elfjarige spelers Joanivia Bezuidenhout en Lian Kuhn tot die eindstryde gevorder het.
Lila Kidd en Samuel Nel het die goue medaljes in die o.12-kategorie ingepalm.
Organiseerders het hul dank uitgespreek aan RA Commercial Investment vir hul gewaardeerde borgskap, asook aan die Swakopmund tennisbaan, beamptes en toeskouers.
Die opgesomde uitslae:
Seuns o.10: 1 Samuel Lagvardi, 2 Divan Engelbrecht, 3 Luke Alvarey.
Seuns o.12: 1 Samuel Nel, 2 Luhan Nasilowski, 3 Markus van Heerden.
Meisies o.12: 1 Lila Kidd, 2 Mari van Schalkwyk, 3 Natalia Ouses.
Seuns o.14: 1 Rubel Yssel, 2 Lian Kuhn, 3 Antonio Tchivanda.
Meisies o.14: 1 Hayley Kidd, 2 Joanivia Bezuidenhout, 3 Odycia Karaerua.
Seuns o.16: 1 Oliver Leicher, 2 Joel Hiveluah, 3 Stephan Koen.
Meisies o.16: 1 Elze Stears, 2 Lucinda Botes, 3 Janine Esterhuizen.
Seuns o.18: 1 George Louw, 2 Daniel Jauss, 3 Dian Calitz.
• Die volgende toernooi in Windhoek word op 26 en 27 Februarie gespeel, naamlik die Namibiese Tennisvereniging en die Konfederasie van Afrika-tennis se o.14 nasionale kampioenskap.
Windhoek bied ook die volgende NTA junior toernooi op 5 en 6 Maart aan, waarin spelers in alle ouderdomsgroepe kan inskryf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie