Louw opnuut baas met treffers
Boogskiet
Die Tsumeb-boogskietklub het Saterdag sy gewilde jaarlikse Valentynsdagkompetisie op die noordedorp aangebied, waar Louw Nel met oortuiging as die topskut na vore getree het.
Nel, Namibië se nommer een skutter met die saamgestelde boog, het sonder omhaal sy mededingers laat verstaan dat hy nie van plan is om binnekort van dié posisie afstand te doen nie.
Sy totaal van 695 punte uit ’n moontlike 720 op ’n teiken 50 meter ver, was genoeg om sy teenstanders in hul spore te stuit met net Jacques van der Merwe en Riaan Vermaak wat goed genoeg was om saam met Nel op die podium te klim. Van der Merwe (668) en Vermaak (653) behaal onderskeidelik die tweede en derde plekke.
Nel is stadig maar seker op koers om vir die eerste keer 700 punte te behaal en met die goeie afskop wat hy op Tsumeb gehad het, is hy gereed om sy doel met die volgende kompetisie te bereik.
Ilana Malan, Namibië se voorste vroulike skutter, moes tevrede wees om saam met Babette Taljaard op 674 punte te eindig. Maar in die finale ronde het Malan vir Taljaard gewys waar Dawid die wortels gegrawe het deur die goue medalje te beklink.
By die jonger garde het die brekers met die terugbuigboog soos Quin Reddig, Adriaan Grobler en Christiaan Brandt die jaar met ’n nuwe uitdaging en afstand van 70 m begin. Dié driemanskap se doelwit vanjaar is om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, te kwalifiseer. Hulle sal egter hul tellings drasties met ’n goeie aanslag moet verbeter om op dié verhoog te kan staan.
Reddig (556), Grobler (605) en Brandt (490) het Saterdag almal respektabele tellings behaal, maar om vir Tokio te kwalifiseer, sal hulle baie ure op die oefenbaan moet bestee om hul drome te verwesenlik.
Ricardo Alves, Dimitri de Wee (saamgestelde boog) en Kristiaan van Breda (terugbuigboog) is drie beginners wat stap vir stap besig is om die boogkuns te bemeester sodat hulle aan die einde van die jaar op die regte afstande kan konsentreer. Al drie het Saterdag vanaf 30 m geskiet en is gretig om voor die jaareinde op 50 en 70 m uitdagings te aanvaar.
Die voorste uitslae:
Terugbuigboog (70 m). Vroue: 1 Margot Louw. Meisies: 1 Quinn Reddig. Seuns: 1 Adriaan Grobler, 2 Christiaan Brandt.
Saamgestelde boog (50 m). Vroue: 1 Ilana Malan, 2 Elizabeth Taljaard. Mans: 1 Louw Nel, 2 Jacques van der Merwe, 3 Riaan Vermaak, 4 Hermias Rossouw, 5 Pikkie Robinson, 6 André Huisamen, 7 Pieter du Plessis. Seuns: 1 Duan Engelbrecht, 2 Jan Schoonbee, 3 Daniel Louw. Seuns o.13 (30 m): 1 CJ Button, 2 James Boshoff, 3 Ruan Huisamen.
Kristiaan van Breda, Pikkie Robinson en Ilana Malan is die drie wat die Robinson Spot-pryse met hul naaste pyl aan die middelkol van die teiken gewen het.
Die volgende kompetisie is die Onafhanklikheidstoernooi wat op 23 en 24 Maart deur die nuut gestigde Swakopmund-boogskietklub met die hulp van die Namibiese Boogskietvereniging aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie