Low Key kan 2020 op hoë noot afsluit
MTC Nestor Sunshine Tobias Promosies se 12 gevegte bevat buitelandse teenstand vir van Namibië se mees belowende ysters.
Tielman van Lill
Die ambisieuse Jeremiah “Low Key” Nakathila klim môreaand by die Windhoek Buiteklub in die hoofgeveg teen Emmanuel Amos van Tanzanië deur die toue, met die Namibiër se WBO globale superveergewigtitel op die spel.
Die geleentheid geskied grootliks agter geslote deure.
Nakathila (30) se getuigskrif van 20 oorwinnings (16 uitklophoue) en een nederlaag getuig van sy meedoënloosheid in die kryt, wat vermoedelik te veel vir die jonger “Sniper Man” Amos sal wees.
Amos (21) is g'n groentjie nie, maar dié sal verreweg sy mees gedugte opponent wees.
Volgens Boxrec het Amos op 12 Desember 2014 as 15-jarige vir sy eerste geldgeveg die handskoene aangetrek. In dié ses jaar het hy reeds 20 beroepsgevegte gehad, waarvan hy 15 gewen en een gelykop geboks het (8 uitklophoue).
Sniper Man het sy laaste geveg einde Oktober vanjaar in Rusland teen Edgar Ghukasyan (toe 7-2) in 'n eenparige puntebeslissing oor tien rondes verloor.
Nakathila – ná sy enigste nederlaag twee jaar gelede in Rusland teen Evgeny Chuprakov, ietwat omstrede met punte – het sy pad oopgeveg om terug op die WBO-ranglys (derde) te wees.
Sedertdien het hy reeds weer nege opeenvolgende seges – almal met uitklophoue – ingeryg. Nakathila en sy promotor Nestor Tobias is lankal ongeduldig en plaas toenemend druk op die WBO om 'n wêreldtitelgeveg teen die gordelhouer Jamel Herring (VSA) aan hom toe te ken.
In die hoofvoorgeveg sal die 32-jarige Mikka “Silent Assasin” Shonena (16-0, 3 uitklophoue) sy WBO Afrika-weltergewigtitel (66.6 kg) oor tien rondes teen Brendon Denes (25) van Zimbabwe (7-0, 4 uitklophoue) verdedig.
Shonena het laasmaand sy landgenoot Ebenestus Kaangundue met punte oor ses rondes verslaan. Shonena is tans die WBO se agtste aanspraakmaker op die wêreldtitel van die Amerikaner, Terence Crawford.
Die 23-jarige opkomende Harry Simon Junior (12-0, nege uitklophoue) takel Petson Mutengwa van Zimbabwe (6-3) oor ses rondes in 'n junior weltergewiggeveg takel.
“Julle moet asseblief vroeg genoeg kom. Die geveg gaan nie lank duur nie. As jy te laat is, kan jy die uitklophou teen Mutengwa misloop,” het Simon selfversekerd aan Republikein voorspel.
Die program (vanaf 18:30)
1 Supervlieggewig (4 rondes): Fillemon Nghitenyane (6-0) tn Andreas Amupolo (2-1-1).
2 Junior middelgewig (4 rondes): Abed Shikongo (4-0) tn David Haufiku (0-1).
3 Superkapokgewig (6 rondes): Sam Mathews (6-1-1) tn Flame Nangolo (4-4).
4 Superkapokgewig (4 rondes): Phillipus Shaanika (6-0) tn Morsande Johannes (1-1).
5 Superliggewig (4 rondes): Usko Rehebiam (3-1-1) tn Eslon Kalus (een geveg, gelykop).
6 Veergewig (6 rondes): Nathaniel Sebastian (12-2) tn David Shinuna, “Opuwo Flash” (7-5).
7 Junior middelgewig (6 rondes): Charles Shinima (11-0) tn Liberty Muwani (Zim, 5-3).
8 Middelgewig (6 rondes): Paulinus Ndjolonimus (10-0) tn Tinashe Zihove (Zim, 5-2).
9 Superkapokgewig (6 rondes): Phillipus Nghitumbwa (12-1) tn Ronald Tamani (Zim, 4-3).
10 Superliggewig (6 rondes): Harry Simon Junior (12-0) tn Petson Mutengwa (Zim, 6-3).
11 WBO Afrika weltergewigtitel (10 rondes): Mikka Shonena (16-0) tn Brendon Denes (Zim, 7-0).
12 WBO globale superveergewigtitel (10 rondes): Jeremiah Nakathila (20-1) tn Emmanuel Amos (Tanzanië, 15-4-1).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie