Lowe en Hahn kom sterk deur in SA

Bergfietsry
'n Klein Namibiese uitnodigingspannetjie van veertien bergfietsryers het sewende uit 13 spanne by laas naweek se 2019 Spur-liga interskole en interprovinsiale eindbyeenkoms by die Hoërskool Wagpos in Brits, Noordwes-provinsie, geëindig.

Spanne van elf Suid-Afrikaanse provinsies, asook Namibië en Zambië, het meegeding in die driedaagse jaarlikse samekoms wat die wedrenseisoen op hoërskoolvlak afsluit. Meer as 530 ryers van 87 skole was in aksie.

Die o.14-seuns Kevin Lowe en Daniel Hahn, elkeen met 'n tweede en vierde posisie in hul twee wedrenne, het die beste uitslae vir die Namibiese span behaal.

Die kompetisie word in ouderdomsklasse vir seuns, meisies en gemengde spanne beslis.

Die hoë standaard van resiese is iets waarna al die spanne vooraf uitsien. Altesame 60 hoërskole se spanne het deurgedring op grond van hul prestasies in elke provinsie se kwalifiserende byeenkomste, terwyl elke ryer se punte beide individueel en vir die skool tel.

Die baan by die Hoërskool Wagpos is in die Olimpiese styl van veldresiese uitgelê. Elke baanrondte van 4.2 kilometer het 'n klimhoogte van 85 meter bevat, met die eerste helfte tegnies en vol draaie, voor die tweede helfte waarin ryers hul krag en spoed kon gebruik.

Die Namibiese skoliere se uitslae vir Saterdag en Sondag se wedrenne was soos volg:



ONDER 14 SEUNS

Daniel Hahn (14 jaar, St. Paul's College) tweede uit 79, vierde uit 78.

Kevin Lowe (14, DHPS) vierde uit 79, tweede uit 78.

Adrian Key (14, Delta Sekondêre Skool) 19de uit 79, 30ste uit 78.

ONDER 14 MEISIES

Ada Kahl (14, Windhoek Affies) sesde uit 44, agtste uit 44.

Danika Wiese (14, Whk Gimnasium) 30ste uit 44, 37ste uit 44.

Lotte Beulker (14, Privaatskool Swakopmund) 16de uit 44, sewende uit 44.

ONDER 15 SEUNS

Ethan L'Estrange (15, St. George) 23ste uit 80, 14de uit 74.

ONDER 15 MEISIES

Fiona Vorster (15, Whk Gimnasium) 31ste uit 43, 22ste uit 43.

ONDER 16 SEUNS

Bergran Jensen (16, Whk Gimnasium) agtste uit 84, vierde uit 84.

Cornelius Prinsloo (16, Whk Gimnasium) 75ste uit 84, 73ste uit 84.

ONDER 16 MEISIES

Monique du Plessis (16, Welwitschia) elfde uit 47, tiende uit 45.

ONDER 18 SEUNS

Hugo Hahn (17, St. Paul's College) 85ste uit 100, 12de uit 91.

ONDER 18 MEISIES

Ashanti Auchas (17, Combretum) 45ste uit 48, 43ste uit 47.

Olivia Shililifa (17, Chairman Mao Zedong HS) 48ste uit 48, 44de uit 47.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer