LPM betreur Operasie Kalahariwoestyn
Die party sê hy gaan die Verenigde Nasies (VN) en ander lande se ingryping versoek.
Catherine Sasman – Die Landless People’s Movement (LPM) het sy stem by die toenemende druk gevoeg dat die regering lede van die Namibiese weermag (NDF) aan Operasie Kalahariwoestyn moet onttrek.
Die LPM-leier, mnr. Bernadus Swartbooi, sê die ontplooiing van die NDF teen ongewapende burgers is onwettig omdat president Hage Geingob nie ‘n noodtoestand verklaar het nie.
“’n Oorlog is teen burgerlikes verklaar, soldate is nie opgelei om met burgerlikes te werk nie,” het Swartbooi gesê.
Volgens hom is die dood van die Zimbabwiese taxibestuurder mnr. Fambauone Black, glo aan die hand van kpl. Gerson Nakale van die NDF, “geen verrassing” nie.
“Dit was te wagte. Ons kon voorspel het dit gaan gebeur. Dit is ‘n aanduiding dat die Namibiese regering gereed en gewillig is om sy mag op burgerlikes los te laat. Die polisie en die weermag het met dieselfde ingesteldheid opgetree. Dit laat die vraag wie in beheer is, ontstaan,” het hy gesê.
Die LPM het Black se dood in ‘n verklaring sterk betreur en gedreig om ‘n massa-optog te mobiliseer sou NDF-lede nie onmiddellike van die strate verwyder word nie.
“Ons sal die massas mobiliseer om hulself teen Geingob se bloeddorstige weermag te verdedig,” het mnr. Ivan Skrywer, die LPM se nasionale koördineerder van logistiek en geleenthede, gesê.
Skrywer sê die LPM sal ook by ander lande gaan aanklop vir hulp in “die vorm van militêre en diplomatieke ingryping om die veiligheid van ongewapende burgerlikes te verseker”.
Skrywer sê die eerste opsie is die Verenigde Nasies (VN).
Volgens hom is die ontplooiing van die weermag in die strate nie om misdaad te beveg nie, maar is daar ‘n donker, meer ontstellende agenda om burgerlikes te intimideer, wat in November in die komende nasionale verkiesing gaan stem.
“As party sal ons die Grondwet en die lewens van ongewapende burgerlikes beskerm. Die ongewapende burgerlikes is die bewaarders van vrede en stabiliteit in die land, nie die korrupte leiers nie,” het Skrywer gesê.
Intussen het die polisie se insp.genl. Sebastian Ndeitunga duidelik gemaak NDF-lede gaan deel van Operasie Kalahariwoestyn bly.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie