LPM boikot grond-indaba
Die oproep vir voorvaderlike grondregte raak ‘n tameletjie.
Catherine Sasman - Die Landless People’s Movement (LPM) sê hy sal nie die tweede grondkonferensie volgende week bywoon nie en het ander liggame, veral tradisionele owerhede van gemeenskappe wat histories grond verloor het, aangehits om sy voorbeeld te volg.
Die LPM is verlede Vrydag per brief van die ministerie van grondhervorming na die konferensie uitgenooi.
In dié brief word die LPM ingelig hy sal slegs oor landbouhervorming insette kan lewer. ‘n Gewysigde agenda dui egter aan die LPM sou toegelaat word om ook oor voorvaderlike grondregte te praat.
Desnieteenstaande het die LPM-leierskap besluit om die konferensie te boikot.
Van die redes vir die boikot is dat president Hage Geingob die LPM se eis vir die verwydering van die minister van grondhervorming, mnr. Utoni Nujoma, uit sy pos geïgnoreer het.
Die LPM sê slegs met die verwydering van Nujoma kan die land saam werk om grondhervormingsinitiatiewe op ‘n produktiewe en verantwoordelike manier uit te voer.
Die LPM het ook die regering gevra vir die vrystelling van die lys van diegene wat hervestigingsplase ontvang het, om die regverdigheid van herverdeling te kan bepaal. Dit is nie gedoen nie.
Die LPM sê ook dat voorvaderlike grondregte nie ten volle by die konferensie bespreek gaan word nie.
Voorts sê dit tradisionele leiers, wat die bewaarders van die geskiedenis en kultuur van gemeenskappe in kommunale gebiede is, gaan slegs “handeklappers” by die konferensie wees en nie hul bekommernisse oor die grondkwessie uitspreek nie.
Die LPM sê hy is eers verlede Vrydag uitgenooi, terwyl die regering homself drie keer uitgenooi het – op sentrale, streeks- en plaaslike owerhedevlak – om sodoende ander afgevaardigdes uit te stem.
“Hierdie is eintlik ‘n inter-regeringskonsultatiewe forum,” sê mnr. Bernadus Swartbooi van die LPM, en ook dat dit nie ‘n betekenisvolle platform is wat volhoubare en regverdige grondhervorming sal bespoedig nie.
Swartbooi het ook aangevoer die verteenwoordiger van die Friederich Ebert-stigting, mnr. Heiner Naumann, het voorgestel dat die LPM nie na die grondkonferensie uitgenooi moet word nie.
Naumann kon nie vir kommentaar gekontak word nie omdat hy tans nie in die land is nie.
Die LPM sê ook die Swapo-oudste mnr. Mukwaita Shanyengana se uitlating dat voorvaderlike grondregte by die konferensie bespreek mag word, maar nie uitgevoer moet word nie, is eintlik die Swapo Party se amptelike posisie oor die kwessie.
‘n Beleidsdokument wat spruit uit Swapo-streeksvergaderings en skynbaar ‘n regeringsdokument is, stel voor dat voorvaderlike grondregte en restitusie bespreek kan word, maar nie toegepas moet word nie.
Die LPM sê dr. Ruth Hall van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Armoede, Grond en Grondhervorming (PLAAS) is uitgenooi na die konferensie met die uitsluitlike doel om die Namibiese regering se posisie oor voorvaderlike grondregte te verstewig.
Die LPM sê die “etnosentriese” Swapo het ‘n burgeroorlog teen Namibiërs verklaar reeds sedert die 1970’s – met die Lubango-gate-kwessie – en dat dit nou weer Namibiërs wil intimideer wat voorvaderlike grondregte propageer.
Verskeie tradisionele owerhede sou ook ‘n boikot teen die konferensie verklaar het, maar was inderhaas gisternamiddag na Staatshuis ontbied. Hulle sal vandag sê wat hul finale besluit is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie