LPM-leiers in hooggeregshof
LPM-leiers in hooggeregshof

LPM-leiers in hooggeregshof

’n Volle bank prominente regters sal oor die appèl ’n beslissing vel.
Augetto Graig
Augetto Graig – Vandag sit ’n volle bank van die hooggeregshof insluitend hoofregter Peter Shivute, regter Dave Smuts en regter Theo Frank om te beslis oor die appèl ingedien namens die Landless People’s Movement (LPM) se parlementslede mnre. Bernardus Swartbooi en Henny Seibeb teen die Speaker van die Nasionale Vergadering, prof. Peter Katjavivi, se verbod op hul teenwoordigheid in die parlement.

Die twee word toegang verbied sedert hul betrokkenheid by ’n omstrede voorval ná president Hage Geingob se jaarlikse staatsrede op 15 April.

Die verhoor volg op gister se sitting van die parlementêre komitee op voorregte, waarheen Swartbooi en Seibeb ontbied is.

Volgens die senior woordvoerder van die parlement, mnr. David Nahogandja, het die twee nie voor die komitee verskyn nie, maar het hul prokureurs die komiteelede toegespreek. “Die komitee sal aan die Huis verslag doen,” het hy oor die verwikkelinge gesê.

Die komitee het vooraf beëdigde verklarings ingesamel van verskeie persone teenwoordig in die parlement tydens die voorval. Dié verklarings sluit in weergawes van die gebeure deur die Popular Democratic Movement (PDM) se parlementslid Vipuua Muharukua; kommissaris Johan Ndjaronguru van die Namibiese polisie se beskermingseenheid vir belangrike persone wat ook hoof van die president se veiligheidspan is; die adjunkdirekteur en hoof van sekuriteit by die parlement Gideon Shuuya en Swapo-parlementslid Hamunyera Hambyuka.

Hul mede-LPM-parlementslid en partywoordvoerder vir parlementêre sake, me. Utaara Mootu, wou nie verder uitbrei oor gister nie en het gesê enige verklaring sal eers ná vandag se verhoor deur die LPM se regsverteenwoordigers uitgereik word.

Op 12 Mei het prokureurs van dr. Weder, Kauta en Hoveka in die hooggeregshof appèl aangeteken teen regter Kobus Miller se handhawing van Katjavivi se verbod, op grond daarvan dat Katjavivi se besluit volgens hulle teen die grondwet is asook wat hulle as foute in Miller se beslissing van 6 Mei bestempel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!