LPM roskam regering oor maatskaplike kwessies
Die Landless People’s Movement het ’n openbare sitting gehou met die doel om die jeug en gemeenskap in te lig oor hoe die regerende elite hulpbronne in Namibië plunder.
Monique Adams op Keetmanshoop – Die Landless People’s Movement (LPM) se Youth Command Element het gesê die regering moet wakker skrik om Namibiërs van armoede te red.
Hierdie versoek is gerig tydens ‘n lesing verlede week Donderdag – waar die LPM-leier, mnr. Bernadus Swartbooi, die hoofrede gelewer het en die tema “Politics of Betrayal: How Namibia is Being Stolen” onder die loep geneem is.
Tydens dié sessie is beweer dat die regerende elite hulpbronne in Namibië plunder.
Onder die onderwerpe wat bespreek is, is die uitbreiding van informele nedersettings, inkomsteverspreiding tussen rassegroepe, verslae oor armoede-aanwysers in die streke, nasionale hulpbronsubsidies en nasionale eienaarskap, direkte buitelandse belegging en korrupsie-aanwysers.
G’N ONTWIKKELING
Swartbooi het gesê plaaslike fabrieke is op die vlak waar dit in 1984 was.
Hy het aangevoer landelike gebiede is nie ontwikkel nie en bygevoeg dít het gelei tot ‘n ekonomiese en maatskaplike wanbalans wat landelike-stedelike migrasie tot gevolg het.
“Wat sal dit neem vir Namibiërs om op grond van hul eie lewensomstandighede na verkiesings te gaan en anders te stem? Om in plakkershutte te woon, staan bekend as strukturele geweld,” het hy gesê.
Swartbooi het aangevoer die onderwysstelsel in Namibië het ’n verwronge vorm aangeneem. Hy het gesê kinders het skielik die keuse om skool na graad 11 te verlaat, wat hulle die keuse gee om hul opvoeding vrywillig te staak.
Só sal die armes arm bly en ’n nuwe generasie ongeletterde Namibiërs sal na vore kom, het hy gesê.
“Die Fishrot-sage is een van vele gevalle in Namibië wat die diepgewortelde korrupsie in die land aan die lig gebring het en bewys het ‘sommige diere is belangriker as ander’, soos George Orwell tereg in sy boek Animal Farm gestel het,” het die LPM-jeugleier, me. Duminga Ndala, gesê.
Ndala het ’n beroep op alle strukture van die LPM Youth Command Element gedoen om meer geleenthede soos hierdie aan te bied, om bestendig en verbind tot die kernwaardes van die organisasie te bly en te veg vir ware ekonomiese bevryding in hul leeftyd.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie