LPM-verhoorreëls word ooreengekom
Politiek
Die parlementêre komitee op voorregte het Maandag begin met ’n voorverhoor in die aanloop tot die verhoor oor die gedrag van Landless People’s Movement (LPM) se leiers mnre. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, wat laas maand die vraag-en-antwoordsessie van president Hage Geingob se staatsrede ontwrig het.
Die Speaker, prof. Peter Katjavivi, het ná die gedruis in die Nasionale Vergadering ’n bevel gelewer om die twee van verdere verrigtinge te verbied, wat steeds van krag is.
Die parlementêre woordvoerder mnr. David Nahogandja het gesê die komitee het voorlopig die reëls van die komende verhoor met die twee beskuldige parlementslede gedeel.
Swartbooi en Seibeb het tot Vrydag om enige besware teen die reëls aanhangig te maak. Daarna sal ’n datum vir die voortsetting van die verhoor gestel word, volgens Nahogandja.
Die LPM is ook gevra om ’n plaasvervanger vir Swartbooi uit te ken, aangesien hy ook ’n lid vir die komitee is.
“Die party moet die plaasvervanger uit tussen hul ander parlementslede kies,” sê die woordvoerder.
Nahogandja dring aan dat Swartbooi en Seibeb steeds lede van die parlement bly en met ander parlementêre werk kan voortgaan, behalwe om aan die NV se sessies deel te neem. Hulle het steeds toegang tot die LPM-kantore in die parlementsgebou, dring hy aan.
Die NV is sedert 29 April in reses en sal op 8 Junie hul werk in die parlement hervat. Nahongandja sê daar sal ’n aanpassing moet gemaak word indien die dissiplinêre prosedure teen die twee LPM-leiers nie teen dan afgehandel is nie.
Intussen het die LPM se prokureurs dr. Weder, Kauta en Hoveka begin appelleer teen die besluit van regter Kobus Miller om nie die bevel van die Speaker, wat Swartbooi en Seibeb uit die parlement verban, te herroep nie. Die aansoek tot die hooggeregshof is op 10 Mei ingedien.
Volgens hul hofaansoek het Miller “verkeerdelik die plig van die hof versuim om die wetlikheid van administratiewe optrede te bepaal. As gevolg van Miller se bevinding kan hulle steeds nie die Nasionale Vergadering se verrigtinge bywoon nie.”
Hulle voer ook aan die regter was verkeerd om die regskoste van die oorspronklike aansoek van die aansoekers te verwag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie