Lötter en De Waal beklink eindstryd
Krieket
Andrew Poolman – Die breë kolf van Gerhard Lötter en vernuftige draaiboulwerk deur die skoolseun Lu-Hendro de Waal was die grootste faktor in Samsung FNB Wanderers II se verowering van Krieket Namibië se eerste liga (40 boulbeurte) in die Sentraal-streek.
Die halfeind- en eindstryd is die naweek afgehandel ter afsluiting van die liga waarvan die ligafase afgehandel was voordat die coronavirus die land se sport tot stilstand gedwing het.
De Waal is gister as speler van die wedstryd aangewys toe Wanderers die eindstryd teen WHS Old Boys Vintage met sewe paaltjies beklink het. Die regterarmdraaibouler het vyf paaltjies vir 31 lopies in sy agt boulbeurte geneem.
Met sy laaste twee balle het hy opeenvolgens van Daneel van der Walt (2) en PJ Bergh (0) ontslae geraak, wat meebring dat hy in sy volgende wedstryd 'n driekuns kan behaal ingeval hy met sy eerste bal toeslaan.
WHS Vintage het 172/9 opgestel te danke aan Henk van Zyl (36), Herman Steytler (34) en Rudie van Vuuren (28) en sake het belowend gelyk toe hulle die gasheerspan op 15/2 laat steier het.
Gerhard Lötter (80 nie uit nie van 72 balle) en Olivin Glen-Spyron (74 van 91 balle) het egter met ander planne bymekaargekom en het die grenshoue ingeryg om Wanderers se sege te verseker met amper 'n volle nege boulbeurte oor.
Lötter het 'n puik naweek met die kolf beleef. Saterdag in die semifinaal het Gobabis 'n oënskynlik kompeterende 187/6 opgestel, maar Lötter (59* van 46 balle) en sy kaptein Ewald Steenkamp (56* van 92 balle) het op 112/2 bymekaar gekom en beheer oorgeneem.
WHS Vintage het die eindstryd gehaal deur Wanderers Platteland ('n kombinasie van Wanderers III en Mariental) met 75 lopies te klop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie