Lucky Star wink vir fietse en drawwers
Padwedlope
Des Erasmus
Die glans van die Lucky Star baan môre weer die weg na voorspoed vir Namibië se beste langafstandatlete met die marathonsaamtrek van meer as dertig jaar wat met Walvisbaai as basis aangebied word.
Dis die byeenkoms waartydens kwalifiserende tye vir twee ultra-marathons (die Kaapstadse Twee Oseane asook vir die Comrades in KwaZulu-Natal) oopgedraf kan word.
Vanjaar is die hoofwedloop, ’n marathon van 42,2 km, weer van Swakopmund na Walvisbaai met die Jan Wilken-stadion as eindpunt.
Die roete wat die atlete gaan volg, is soos elke jaar die skilderagtige kusweg tussen die twee dorpe waar die Namibwoestyn en die Atlantiese Oseaan mekaar ontmoet. Dieselfde roete en afstand sal deur aflosspanne van skole gevolg word.
In die aflos sal vier atlete per span gelyke afstande afdraf.
Aanvullend tot die glorie van die Lucky Star met Etosha-visserye as borg is daar ’n halfmarathon en ’n pretdraf oor 10 km met die Jan Wilken-stadion in elke geval die begin- en eindpunt.
Deur die nate van die Lucky Star het die afgelope jare ook ’n byeenkoms vir fietsryers gebars. Die hoofwedren sal oor 105 km strek en die roete sal hoofsaaklik uit op die pad agter die duine in die rigting van die Langer Heinrich-myn en terug strek.
’n Korter afstand is die 21 km vir bergfietsryers en nog ’n wedren oor 21 km vir ryers op dikwiele. Vir die beginners en die kleinspan is daar ’n fietswedren oor 5 km.
Francois van der Merwe wat vir Etosha-visserye as koördineerder van die byeenkoms optree, het aanRepublikein gesê vir die marathon word sowat honderd drawwers verwag met atlete van die NDF en NamPol wat jaarliks hul opwagting maak.
Tot 300 skoliere word vir die aflos verwag en vir die halfmarathon kan tot 200 drawwers aantree. In die fietsren oor 105 km kan ook tot ’n honderd deelnemers hul opwagting maak en ’n geskatte dertig fietsryers gaan op hul dikwiele aantree.
Van der Merwe het ook bevestig dat dit die laaste keer is dat die byeenkoms onder die vaandel van Lucky Star, ’n produk van Etosha, aangebied gaan word. Die naam gaan moontlik verander, maar die tradisionele byeenkoms gaan voortleef, sê hy.
Deelnemers aan die marathon sal môre om 06:00 in die Vineta-stadion op Swakopmund wegspring en die hoofwedloop oor 105 km vir die fietsryers sal om 06:55 in die Jan Wilken-stadion begin. Die voorste deelnemers aan die marathon behoort net ná 08:00 by die stadion in te draf.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie