Lufthansa maak 'n Namibiese draai
Republikein het bevestig 'n Lufthansa Airbus A340-300-vliegtuig wat na Duitsland op pad was, moes op Heldedag noodgedwonge op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako land ná 'n passasier vermoedelik 'n hartaanval gehad het. Die vliegtuig het sy vlug in Kaapstad begin. Lufthansa se woordvoerder vir Afrika is om kommentaar genader, maar het teen saktyd nog nie gereageer nie. Die pasiënt se toestand is nie bekend nie. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie