Lufthansa: Nóg vlugte vir repatriëring
Ronelle Rademeyer - Benewens die vyf spesiale vlugte waarmee 1 200 Europeërs tussen Sondag en Woensdag uit Namibië na Frankfurt en München in Duitsland teruggekeer het, is besluit om nog vlugte vir repatriëring in te stel.
Volgens me. Neda Jaafari, die Lufthansa-rederyegroep se woordvoerder vir Europa, Afrika en die Midde-Ooste, sê die sesde vlug het Donderdagoggend vertrek, met vlugte sewe en agt wat vandag en môre vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako na Duitsland sal vlieg.
Altesaam 2 039 Europeërs en Britte in Namibië het verlede week aangedui hulle wil terugkeer na hul lande van herkoms. Net ’n handjievol was toeriste wat nog in die land was. Die meeste het verblyfreg en is verbonde aan ambassades of ander buitelandse agentskappe.
Die Britse hoëkommissariaat het ook huurvlugte na Gaborone in Botswana gereël sodat Britse burgers van daar af via Ethiopië na Brittanje kon vlieg. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie