Lufthansa verminder sy Windhoek-vlugte
Namibië se nuwe status as 'n Delta-variant-land het 'n negatiewe impak op die vraag na vlugte uit Europa.
Ronelle Rademeyer – Lufthansa het sy vlugte vanaf Frankfurt in Duitsland na Windhoek van vyf per week, tot net drie per week afgeskaal.
Dr. André Schulz, Lufthansa se hoofbestuurder vir Suider- en Oos-Afrika, sê die besluit is geneem as gevolg van “fluktuasies in die verkoop van vliegtuigkaartjies” ná dit bekend geword het Namibië is 'n land waar die Delta-variant van die cononavirus voorkom.
“Eerstens verstaan ek dat daar tans baie onsekerheid in die mark is gegewe die aard van die huidige ekonomiese klimaat as gevolg van die pandemie.
“Ek wil passasiers egter verseker van die Lufthansa-groep se verbintenis tot Namibië. Solank as wat die plaaslike regulasies ons toelaat om vlugte te bedryf en so lank as wat daar aanvraag na vlugte is, sal ons voortgaan om op die Windhoek-Frankfurt-roete te vlieg,” het Schulz in 'n verklaring gesê.
Hy wys daarop dat dié redery in die lig van Namibië se nuwe status as 'n land waar virus-variante voorkom, besluit het om die vlugskedule aan te pas.
Die vermindering van die getal vlugte van vyf per week na drie per week het op 13 Julie in werking getree. (Sien die infografiek hiernaas.)
Die vertrektyd van vlugte vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako is ook aangepas.
“Vanweë operasionele redes moet ons ook ons vertrektye vanaf Windhoek na Frankfurt, van 15 Julie af aanpas.
“Alle vlugte sal vanaf dié datum 12 uur en 15 minute later vertrek. Vlugte vanaf Frankfurt na Windhoek se vertrektye bly onveranderd,” sê Schulz.
Passasiers wie se reisplanne deur hierdie wysiging geraak word, se vliegtuigkaartjies sal aangepas word sonder dat hulle 'n bybetaling hoef te maak, het hy gesê.
Lufthansa het begin Junie tydelik sy Eurowings-filiaal se vlugte na Windhoek oorgeneem en bedien die roete met 'n Airbus A340-300.
Mnr. Markus Pronath, Eurowings se woordvoerder in Namibië, het vroeër gesê die Lufthansa-groep, wat voorheen sy Eurowings-vlugte na Namibië deur Brussels Airlines bedryf het, sal vanaf Augustus in 'n nuwe gedaante na Windhoek vlieg. Die groep se nuwe redery, Eurowings Discover, sal dan in bedryf wees, het hy gesê.
Volgens Pronath wag die groep nog vir die uitreiking van die nuwe redery se lugdienssertifikaat.
Dié redery sal langafstandsvlugte op sewe roetes onderneem en hoofsaaklik gemik wees op toeriste wat vir ontspanning reis.
Airbus A330's sal op hierdie roetes ingespan word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie