Lugaanvalle op Isis gedoen
Soveel as 30 militantes word verbind met ’n dodelike aanval op ’n moskee.
Egipte was Saterdag in rou gedompel ná die aanval Vrydag op ’n moskee waarvan die dodetal tot 305 gestyg het, insluitend 27 kinders.
Die nasionale vervolgingsgesag het gesê soveel as 30 militantes wat verbind word met die terreurgroep Isis, en wat ’n Isis-vlag by hulle gehad het, het die biddende slagoffers Vrydag omring, en toe koelbloedig vermoor met geweervuur en ’n bom. Enigiemand wat probeer vlug het, is met semi-outomatiese wapens uit viertrekvoertuie afgemaai. Meer as 100 mense is gewond.
Ure ná die aanval by Bir al-Abed in die noorde van Sinai het pres. Abdel Fattah al-Sisi opdrag gegee vir lugaanvalle op Isis-teikens in die bergagtige gebiede naby die toneel.
Grusame tonele van rye slagoffers onder komberse in die moskee is op staatstelevisiekanale uitgesaai.
Hoewel geen terreurgroep sover amptelik aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie, veg die Egiptiese veiligheidsmagte sedert 2013 met die Islamitiese groep Wilajat al-Sinai (die “regering van Sinai”), wat ook geblameer is vir bomaanvalle op kerke in Kaïro en ander stede waarin dosyne burgerlikes dood is.
Die groep het ook die vorige dodelikste terreuraanval in Egipte uitgevoer toe hulle in 2015 ’n Russiese passasiersvliegtuig vol toeriste opgeblaas het wat opgestyg het van die vakansiedorp Sjarm el-Sjeik.
Altesame 224 mense is dood.
Die groep het ook al honderde Egiptiese polisiemanne en soldate doodgeskiet.
Egipte het nou planne laat vaar om sy grenspos na die Gasastrook, wat deur die Palestynse Hamas-beweging bestuur word, vandag weer oop te stel. Dié grenspos is die enigste deurgangsroete na die buitewêreld vir Palestyne wat in Gasa woon.
Dit is die eerste keer dat die terroriste ’n moskee aanval.
Die bloedvergieting in Sinai het sedert 2013 toegeneem nadat Sisi die regering van pres. Mohamed Morsi van die Moslem-broederskap omvergewerp het. – Netwerk24/Reuters/Debkafile

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie