Lugopname wys minder robvrektes
Elvira Hattingh – ’n Skerp afname is te bespeur in die aantal geaborteerde robfetusse, asook dooie ouer robbe op Namibië se strande – iets wat mnr. Naude Dreyer van Ocean Conservation Namibia (OCN) as ’n “baie goeie teken” beskryf.
Dit volg nadat ’n geskatte 10 000 Kaapse pelsrobbe reeds in sentrale kusgedeeltes van Namibië gevrek het, het Dreyer gister aan Republikein gesê.
Hy het Woensdag ’n lugopname oor sowat 200 kilometer van die kuslyn suid van Walvisbaai gedoen. “Ons het meer volwasse en jong dooie robbe suid van die dorp as noord bespeur, maar die getalle is nie só sleg soos verwag nie,” het hy geskryf.
“Die meeste robbe blyk ook reeds langer as ’n week lank dood te wees, wat beteken die vrektes is besig om vinnig af te neem,” het hy gesê en bygevoeg dat min pasgebore, dooie robwelpies gesien is.
DIE WATER LÉÉF
“As daar ’n voedseltekort was, lyk dit nou beter. “Daar is skielik baie lewe in die water, met robbe en voëls wat Woensdag aktief besig was om te jag,” het hy gesê en bygevoeg dit lyk of die robbe se toestand verbeter het.
Hy sê intussen is monsters van die dooie robbe reeds na Onderstepoort vir toetse onderweg. “Dié soort toetse neem egter tyd omdat daar nie sekerheid bestaan waarvoor getoets moet word nie. Mense moet dus nie vinnig antwoorde verwag nie.”
Dreyer glo ’n moontlikheid bestaan dat die groot skole vis wat gewoonlik hierdie tyd van die jaar by Namibië se kus aandoen en waarvan die robbe vir kos afhanklik is, ’n bietjie later as gewoonlik aangekom het. Hy meen dit kon as gevolg van sekere weer- en temperatuurtoestande gebeur het.
Dreyer is skepties daaroor of Namibië ’n oorbevolking van robbe het en dit tot die massavrektes kon bydra.
“Hulle word nie gevoer nie en lewe in die natuur van beskikbare voedselbronne. Sou hul getalle te veel raak, sal die vis te min raak, wat hul getalle van nature sal reguleer,” meen hy.
Dreyer het in ’n Facebook- inskrywing op sy OCN-blad gesê dit sal ook “tyd neem” om al die versamelde data van die lugopname te verwerk omdat minstens 4 000 foto’s geneem is. Hy het die loods Mike Böttger bedank, wat die opname moontlik gemaak het.
Sy waarneming sluit aan by wat dr. Simon Elwen, direkteur van navorsing by die Namibiese Dolfynprojek (NDP) vroeër vandeesweek aan Republikein gesê het, naamlik dat navorsers redelik seker is dat ’n gebrek aan genoeg kos een van die faktore is wat bydra tot die huidige massa-aborsies en vrektes onder die Kaapse pelsrobbe teen die Namibiese kus.
– [email protected]
FOTO’S
Ocean Conservation Namibia (OCN) se mnr. Naude Dreyer (links) het die loods Mike Böttger bedank wat hom met die lugopname gehelp het. Foto's Ocean Conservation Namibia.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie