Lugpatrollies vir renosters duur voort
'n Vliegtuig en twee helikopters word ingespan om swartrenosters in die Noordweste te beskerm.
Wilderness Safaris Namibia sal met hul lugpatrollies met 'n vliegtuig en twee helikopters voortgaan om swartrenosters in die Noordweste te beskerm.
Wilderness Safaris se vennootskap met die Save the Rhino Trust Namibia (SRT) en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme se suksesvolle teenstropery-operasie wat deel vorm van 'n veldtog wat verlede jaar van stapel gestuur is, is 'n reusesukses.
Die doelwit van die veldtog is om swartrenosters in die noordweste van die land te monitor, onthoring en beskerm.
Met die hulp van Wilderness Safaris se volhoubaarheidsfonds, is byna 50 renosters tydens die onlangse operasie onthoring om stropers te ontmoedig en veeartsenydienste is ook in plaaslike nedersettings uitgevoer.
Dr. Conrad Brain, Wilderness Safaris Namibia se omgewingswetenskaplike, vlieënier en veearts, sê SRT se renosterbewaarders en spoorsnyers is die kern van die gesamentlike prestasies wat tot op hede bereik is.
Ná hy einde verlede jaar tydens die operasie bedags die renosters onthoring en behandel het, het hy daarna die nedersettings van die renosterbewaarders besoek om hul honde te behandel, aangesien daar nie veaartsenydienste in dié afgesonderde gebiede beskikbaar is nie.
Brain kon deur Wilderness Safaris se volhoubaarheidsfonds ook medisyne en entstof vir hul honde verkry.
“Ek het dit geniet om die honde te leer ken met hul name wat by hul persoonlikhede pas: Meisie, Probleem, Bliksem, Damarakind, Voetsek, Bill Clinton, President, The Rock, Ford Ranger, Blompot en natuurlik Wagter.”
Hierdie was maar net die begin en hulle beplan om 'n mobiele veeartsenykliniek in een van die nedersettings te vestig waar Brain die diere kan opereer.
“Dit was 'n voorreg om die plaaslike gemeenskappe te help en die belangrike skakel tussen gemeenskappe, ekotoerisme en natuurbewaring te beklemtoon. Hul ondersteuning is noodsaaklik vir die toekomstige beskerming van ons wildernisgebiede en die oorlewing van die renoster,” het Brain gesê.
Hy sê die sukses van die operasie is deel van 'n unieke bewaringsvennootskap wat oor langer as 'n dekade strek.
“Die opnames en patrollies het die bewaringspan die geleentheid gegee om nie slegs Namibië se wildbevolkings deeglik te monitor en dokumenteer nie, maar bygedra tot die reuse-afname van renosterstropery die afgelope jare in die beskermde gebiede,” sê Brain.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie