Lugramp: Vlugopnemer nog bekyk
Die vlugopnemer van die gedoemde vlug van die Ethiopiese lugdiens wat Sondag neergestort het, word nog ondersoek.
Ondersoekbeamptes van Frankryk se lugvaart-agentskap, spanne van Boeing, asook Amerikaanse en veiligheidsbeamptges van die Europese Unie ondersoek die vlugopnemer van die Boeing MAX8 wat verlede Sondag neergestort het oomblikke nadat die vlug uit Addis Abeba vertrek het. Al 157 mense is in die lugramp dood. Die 737 MAX is sedert Sondag se lugramp in verskeie lande, ook Amerika, gehok.
Dié vliegtuig van die Ethiopiese lugdiens is die tweede Boeing 737 MAX wat binne vyf maande neergestort het. Die vorige lugramp met ’n 737 MAX was in Oktober in Indonesië. Die 737 MAX-model is relatief nuut, met sowat 371 van dié vliegtuie wat in gebruik was. Boeing het egter sowat 5 000 bestellings vir dié vliegtuig gehad. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie