Lugramp: VSA skop vas oor gebruik van Boeing-vliegtuig
Lugramp: VSA skop vas oor gebruik van Boeing-vliegtuig

Lugramp: VSA skop vas oor gebruik van Boeing-vliegtuig

Die oorsaak van Sondag se lug­ramp, waarin 157 mense dood is, is nog nie vasgestel nie.
Amerika skop vas en hou vol hy gaan nie die Boeing-vliegtuigmodel hok wat Sondag buite Addis Abeba geval het nie.

Die Europese Unie en Indië het Dinsdag aangekondig hulle verbied voortaan ook die Boeing 737 Max uit hul lugruim.

Dit volg op talle lande en lugdienste wat sedert Maandagoggend besluit het om nie die jongste Boeing 737 te gebruik totdat vasgestel is wat die oorsaak van Sondag se lugramp was nie.

Die Amerikaanse Federale Lugvaartadministrasie (FAA) het Dinsdag gesê sy hersiening het “geen sistemiese kwessies wat werkverrigting betref, geïdentifiseer nie en het geen grondslag gevorm om die vliegtuig te hok nie”.

Dan Elwell, waarnemende administrateur van die FAA, meen geen ­buitelandse burgerlike lugvaartowerheid kon tot dusver data verskaf wat die optrede regverdig nie.

“Sou enige veiligheidskwessies geïdentifiseer word tydens die dringende hersiening van die Ethiopian Airlines-lugramp, sal die FAA dadelik en behoorlik optree,” het Elwell gesê.



PLAAS DRUK OP AMERIKA

Brittanje, Duitsland, Frankryk en Indië het hulle Dinsdag aangesluit by die ander lande wat die gebruik van die vliegtuig opgeskort het, en het druk op Amerika geplaas om dieselfde te doen.

Die Amerikaanse maatskappy Boeing, die wêreld se grootste vliegtuigvervaardiger, meen hy het volle vertroue in die 737 Max.

Die drie Amerikaanse lugdienste wat die vliegtuig gebruik, Southwest Airlines, American Airlines Group en United Airlines, het ook hul vertroue in die 737 Max uitgespreek.

Die oorsaak van Sondag se lugramp, waarin 157 mense dood is, is nog nie vasgestel nie.

Dit volg op 'n voorval in Indonesië verlede Oktober toe 'n vlug van Lion Air geval het met 189 mense aan boord. Die twee ongelukke kon nog nie verbind word nie, hoewel albei vliegtuie wat geval het 737 Max-vliegtuie was.– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!