Lugreus bring noodvoorraad
’n Vrag met noodvoorraad om Namibië in sy Covid-stryd by te staan, kom vandag in die land aan.
Ronelle Rademeyer – ’n Antanov AN-255, met vlugnommer ADB566F, sal na verwagting om 13:00 vandag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako neerstryk met die eerste van drie besendings mediese noodvoorraad vanaf Duitsland.
Die skenking volg nadat Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die internasionale gemeenskap versoek het om midde die verwoestende derde Covid-19-golf, hulp aan Namibië te verleen.
“Namibië het deur middel van ons ambassade in België ’n amptelike versoek by die Europese Unie (EU) se meganisme vir burgerlike beskerming ingedien wat humanitêre hulp tydens ramptoestande verleen,” sê mnr. Penda Naanda, uitvoerende direkteur van internasionale betrekkinge en samewerking,
Hy sê in ’n verklaring Duitsland sal deur dié meganisme drie besendings mediese voorraad stuur, waarvan die eerste vandag in die land aankom.
Nandi-Ndaitwah sal dit saam met die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, asook die ambassadeurs van Duitsland en die EU, ambassadeurs Herbert Beck en Sinikka Antila, in ontvangs neem.
Dit is nie bekend of daar ook entstowwe teen Covid-19 in die besending is nie.
Intussen het daar vroeër die week groot opgewondenheid onder lugvaart- en vliegtuiggeesdriftiges in Europa geheers toe die Antanov AN-225, wat die wêreld se grootste vragvliegtuig is, Dinsdag by die Lughawe Halle in Leipzig, Duitsland, geland het waar PortGround en die Duitse weermag die voorraad gelaai het.
Die vlug sou volgens sy vlugskedule onderweg na Namibië ook by Accra in Ghana aandoen om daar voorraad af te laai.
UIT DIE TYD VAN USSR
Lugvaartskrywer Patrick Zwerger sê in ’n webberig op flugrevue.de dié Russiese vragvliegtuig het ses enjins, ’n vlerkspan van 88 meter en kan 250 ton vrag dra.
Dit word ook “Mrija” genoem, wat “droom” beteken.
“Die bynaam is in die laat tagtigerjare ontwikkel toe die vliegtuig ingespan is om die Sowjet-ruimtetuig Buran te vervoer. Ná die ineenstorting van die USSR (Unie van Sosialistiese Sowjetrepublieke) was dié rol oorbodig aangesien die Buran-program in vergetelheid geraak het. Maar die vervaardiger Antonov, met sy hoofkantoor in Kiëf in die Oekraïne, het weldra ’n nuwe sakeplan vir sy reusevliegtuig ontwikkel: die vervoer van besonder swaar, groot en lywige vrag,” skryf Zwerger.
Mnr. Nico Scholtz, inspekteur vir vlugbedrywighede by die Namibië Burgerlugvaartagentskap (NCAA), het gister bevestig dat hy ’n buitelandse operateurspermit (FOP) uitgereik het vir die Antanov AN-225 “met humanitêre voorraad aan boord”. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie