Lugsensus van olifante in Kaza
Vennootlande sal die opname amptelik gedurende die vierde kwartaal van hierdie jaar van stapel stuur.
Ellanie Smit – Voorbereidings vir 'n gesinchroniseerde lugopname oor die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsgebied (Kaza TFCA) is verskerp om akkurate getalle en seisoenale verspreidings van Afrika-olifante te bepaal wat in dié gebied voorkom.
Die aankondiging is verlede week deur die Kaza TFCA-sekretariaat ter viering van Wêreldolifantdag gemaak.
Dié gebied strek oor vyf Suider-Afrikaanse lande, naamlik Namibië, Angola, Botswana, Zambië en Zimbabwe.
“Ons kan nie 'n wêreld sonder olifante voorstel nie, gegewe die onberekenbare belang wat hulle vir die ekosisteme inhou, die lewensbestaan van ongeveer 2,5 miljoen mense wat in dié lande woon en die sosioëkonomiese ontwikkeling van vennootlande.
“Die vennootlande is verbind tot en prioritiseer die skep van veilige hawens vir olifante,” het dr. Nyambe Nyambe, die uitvoerende direkteur van die sekretariaat, gesê.
Kaza se ontwikkelende bewaringsuksesverhaal – soos blyk uit die stabiele en, in sommige gebiede, groeiende olifantbevolkings – was die gevolg van doelbewuste beleide, besluite en optrede deur dié lande.
Die sekretariaat is ingenome met die beduidende vordering wat gemaak is met die voorbereiding vir 'n gesinchroniseerde lugopname oor die hele bewaringsgebied om getalle en seisoenale verspreidings te bepaal.
“As Kaza-sekretariaat waardeer ons die belangrikheid en omvang van die sensus. Ons volg die nodige stappe om te verseker effektiewe koördinering en bestuur word toegepas.
“Die ondersteuning wat verskillende belanghebbendes verleen, is bemoedigend en versterk ons vertroue dat die sensus suksesvol, betyds én binne die begroting sal wees,” het Nyambe gesê.
BEKENDSTELLING
Die ontwikkeling van 'n gestandaardiseerde metodologie wat strook met die onlangse hersiene lugopname-standaarde vir die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se Monitor die Onwettige Doodmaak van Olifante (Mike)-program (Cites Mike 2020) is een belangrike mylpale wat ter voorbereiding van die sensus behaal is, het hy gesê.
Nog 'n pluspunt was die verkryging van byna 80% van die begroting van ongeveer N$43,1 miljoen wat benodig word.
Vennootlande sal die sensus amptelik gedurende die vierde kwartaal van hierdie jaar van stapel stuur, terwyl die werklike implementering daarvan vir die droë seisoen – Julie tot Oktober 2022 – geskeduleer is.
Die opname sluit aan by en bou voort op vennootlande se erkenning dat koherensie oor die breër Kaza-landskap noodsaaklik is vir die toekoms van die wildlewe – insluitend olifante – in dié gebied, en dat dit ondersteun moet word deur 'n goeie ekologiese begrip van bewegings in die natuur en ander dinamika.
Die jongste opnames dui op 'n bevolking van minstens 220 000 olifante in die vyf Kaza-lande, met 85% in Botswana en Zimbabwe. Na raming is daar ongeveer 24 000 olifante in Namibië.
– [email protected]
FOTO
Voorbereidings vir 'n grootskaalse gesinchroniseerde lugopname van die olifante in die Kaza-bewaringsgebied is tans onderweg. Foto’s Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie