Lugspieëlings deur Marié Blomerus

’n Opwindende reis
Jacqueline Louw
Uit die bloute ontvang ek ’n brief van ’n beeldskone familielid waarin sy ’n uit­sonderlike reis beskryf.
Dis nogal ’n opwindende gebeurtenis, net soos haar reis opwindend was. Sy skryf van haar besoek aan Moskou en stem toe vriendelik in dat ek dit hier mag herskryf.
“Hierdie somer kry ek onverwags die geleentheid om Moskou te besoek. Wat ’n heerlike verrassing om ’n hele week in een van die vyfster-hotelle met ’n dakterras deur te bring. En alles so ongelooflik en bo verwagting goed. Die diens en die kos en die uitsig! Hoe beskryf ek dit vir jou?
Jy sal nou seker vra wat het my die meeste getref van hierdie stad? Wel, die modieuse vroue was baie opvallend en die uitsonderlike argitektuur net so indrukwekkend. Dan is die netheid van die grootste gedeelte van wat ek gesien het definitief treffend.
Die openbare tuine buite die Kremlin op die Rooiplein slaan die asem weg en so ook die twee inkopiesentrums langs die Rooiplein, GUM en TSUM, waar mens moontlik enigiets wat op aarde bestaan kan koop, van brood tot hemelse skoene in al die kleure van die reënboog.
GUM dateer uit die laat 1800’s en is die grootste winkel in Rusland met ’n reuse- glasdak, maar die Kazan-katedraal dateer uit 1612, hoewel die katedraal van die Heilige Basilius onvergeetlik in mens se geheue vassteek.
’n Rit van ongeveer tien minute met die moltrein, wat seker van die mooiste stasies in die wêreld het, bring mens by Arbatstraat, die ou straat wat besig is om weer te herleef en opgeknap word met koffiekroegies, nuwe woonstelblokke vir huurders en beleggers, kunsuitstallings op die sypaadjies en ander nuwerwetse aanskoulikhede, wat dit baie aanloklik vir besoekers maak. Alles was bedrywig en die voetgangers en verbygangers baie vriendelik en vrolik.
Die Bolshoi-teater was vir my iets manjifiek om te sien. Ek kon dit nie voorheen regtig voorstel soos dit is nie.
Saam met ’n vriendin wat Russies praat, het ek heerlik inkope gedoen. Het ons gestap! Kilometers, maar almal die moeite werd. Die ware wat te koop aangebied word en ook die ontwerp van die klere is besonder verbeeldingryk en die kleure soos ’n blomtuin. Tot my groot vreugde het ek ook Godiva-sjokolade in ’n winkel ontdek. Ek ken dit van Kanada en Switserland, maar kon dit voorheen nêrens in Europa opspoor voordat ek na Moskou gekom het nie.
Daardie aand het ons in ’n wonderlike dakrestaurant naby Tsverskay­straat en die Bolshoi-teater geëet. Ons het groot geskrik vir ’n donderstorm wat skielik losgebars het. Gelukkig kon die restaurant sy dak toemaak teen die reën.
My laaste dag in Moskou was die heerlikste van almal. Ek het middagete geëet op die 31ste verdieping van die Italiaanse restaurant Buono, welbekend in Moskou. Ná ’n uitsig van 360 grade oor die stad, het ons weer die skoon Metro gekies as vervoer en in 40 minute vier verskillende ‘art deco’-stasies beleef.
Ons het nog ’n paar laaste inkope gedoen, want Julie is die maand vir afslag op die meeste inkope in Moskou.
Toe kom die hoogtepunt van die week. Iets waarvan ek al so baie in my lewe gedroom het – die ballet Swanemeer in die Nasionale Russiese ­Balletteater. Wat ’n spel van grasie, absolute perfeksie en die skoonheid van die dansers. ’n Grootse en onvergeetlike ervaring in hierdie stad van kuns en kultuur, wat my altyd sal bybly.
My eerste besoek aan die stad wat Napoleon so graag wou verower, was waarlik positief en aangenaam verrassend en as ek kan, sal ek weer daarheen gaan, want my indruk is dat dit die besoeker besonder vriendelik verwelkom en behandel word.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!