Lugspieëlings deur Marie Blomerus
Waar die perde in die modder vasval
Marié Blomerus – Byna alles is verlede tyd.
Want dit wat toekomstig is, is net beplanning en nog nie werklikheid nie, dus onseker. Al wat seker is van die toekoms is dat nie een van ons vir altyd hierdie briljante aardbol sal bewoon nie. Maar dit wat gebeur het, daarvan is ons ten minste seker. Groot dele daarvan kan ons maar vergeet omdat dit onaangenaam was en nie tot ons heil bygedra het nie. Ander gedeeltes moet ons soos kleinode bewaar, diep in die holtes van die hart, want hulle het geskitter en ons lewe laat gloei soos opkomende sonne of selfs soos die aandster wat die afgelope weke verblindend in die weste bokant die see hang en my uitdwing om seker te maak dis nog daar – ’n beeld wat ek selfs in die dag saam met my dra en voor my sien skyn.
Die plek wat die hoef vasgryp
Vorgens die kenner van plekname, P.E. Raper, beteken Usakos, die aanvallige klein dorpie met die blou van die Erongoberge as agtergrond, skynbaar “die plek wat die hoef vasgryp”.
Dus seker die hoef van enige hoefdier, wild of mak, maar veral die perde wat voorheen dikwels hulle ruiters deur die Kahnrivier moes dra. Hierdie rivier, voordat ’n brug daaroor gebou is, het al in volle vloed voor my verbygedreun, breed en bruin; my met eerbied daarna laat kyk. Heeltemal anders as wat mens byvoorbeeld na die Ryn of die Manzanares of selfs die Mississippi kyk. Dis net anders. En ook mooi, soos enige rivier sy skoonheid het, met of sonder water. Later, wanneer dit afgeloop het, is die taai klei seker ? pyn vir mens en dier. Selfs die motors het heerlik daarin vasgeval.
Die Khan-vallei
Wel, ons “verdwaal” toe in die Kahn-vallei, daar waar die Duitse baanbrekers kort ná hulle vestiging in " Deutsch-Südwestafrika" teen die einde van die 19de eeu in die onherbergsame, eensame en verlate Kahn-vallei, begin het om koper te myn. Ek is seker dat enigeen wat nie hierdie landstreek ken nie en regtig hier verdwaal, ooit lewend sal uitkom nie: Onbeskryflike sand- en rotslandskap, wyd en groots, byna angswekkend-mooi.
Dis net sand, oral growwe sand met klipkoppies aan albei kante en voor en agter ons, gooi dit onophoudelik draaie, want dit loop nou nie in ? reguit lyn soos sommige riviere nie. Die droë loop van die rivier kronkel tussen die meerkleurige koppe met die mooiste verwronge rotsformasies wat mens jou nooit sou kon indink voordat jy dit gesien het nie. Indien iemand aan vrees vir stilte, verlatenheid of selfs ongereptheid ly, moet hy maar uit die Kahn wegbly, want histerie sal sy voornaam wees.
Bouval
Of dit nou om ? draai was, of van ver sigbaar, kan ek nie onthou nie; die indrukke was net te veel: Maar, daar op ? yslike rots staan die murasie van iets wat eens ? lieflike woonhuis moes gewees het; so mooi in die skil son en nog steeds effe wit.
Ons moet klim om daar te kom – alles is omsingel met rotsheuwels – ek loop van verlore kamer na verlore kamer en wonder wie was die eerste inwoners, en na hulle? Hoe het hulle in hul daaglikse behoeftes voorsien? Hoe het hulle liggaam en siel aanmekaar gehou? Het hulle boeke gehad om te lees, straks ? musiekinstrument? Daar was ook egpare met kinders. Moontlik was water nog volop; nou is dit op die oog af ? algehele dorsland. ? Entjie bokant die huis is ? soort toring, baie mooi en heel ongeskonde, moontlik ? uitkyktoring of ? plek waar ? effense briesie soms die warm lywe kon afkoel. Straks ook ? begeerlike plek om net uit die huis weg te kon kom.
Waar Tebes in die stil woestyn
Ons drink ons koffie en eet ons broodjie en dis heerlik om mens te wees.
Daar is nie juis plante om te bewonder nie, maar die koppe met die meerdere gekleurde strepe vergoed vir alles. Wat kan mens sê? Niks, want woorde ontbreek. Eugène Marais se woorde bly hamer teen my skedel, onophoudelik:
“Elk’ ydel vrees sal daar verdwyn;
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig’ rotswerk hoog verhef”.
Ons maak reg om verder te gaan, maar voordat ons motor beweeg stap ? alleen, jong springbokooitjie verby, gaan staan stil en bekyk ons voordat sy verder gaan en in ? fata morgana verdwyn.
Sy bly agter in haar omgewing en ons vertrek sonder werklike padwyser of kaart van enige aard in die rigting wat ons as reg beskou – veel beter daaraan toe as voor ons uittog.
Vorentoe verander die landskap effens; die rotsagtigheid bly dieselfde, maar daar is skielik enkele bome: kameeldorings, prosopis, tamariske en anabome. En nêrens is ? boom so lieflik soos in ? dorre landskap nie. Iets soos heiligheid kleef aan die hele omgewing en daar is geen rede om nog enigiets te wil vra nie.
Wat het Leipoldt geskryf?:
“? Handvol gruis uit die Hantam –
My liewe, lekker Hantam-wyk!”
“? Handvol gras en gedroogde blare,
Maak my, wat arm was, koning-ryk.”
(Erkenning vir aanhalings van P.E.Raper, Eugène Marais en C.Louis Leipoldt.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie