Lugvaart onder vergrootglas
Daar is veral vier kritieke veiligheidselemente waarop Namibië moet verbeter.
Ronelle Rademeyer - Die internasionale lugvaartwêreld se oë is op Namibië om te sien of hy tydens die universele veiligheidsouditprogram (Usap) van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icoa) wat gister afgeskop het, op sekere kritieke gebiede beter kan vaar.
Volgens Icao se 2016-ouditoorsig het Namibië 59,01% vir die doeltreffende implementering van die voorgeskrewe kritieke veiligheidselemente (CE’s) behaal, terwyl die gemiddeld van ander lidlande 65,20% is.
Icao is die wêreld se primêre waghondliggaam vir lugvaartveiligheid en –sekuriteit en beoordel lande aan die hand van agt kritieke elemente.
’n Ontleding van die veiligheidsoudit van twee jaar gelede toon egter Namibië het wat vier van die agt kritieke elemente betref, baie swakker as die wêreldgemiddeld gevaar.
Die eerste is die komponent CE-3, wat te doen het met die staat se burgerlugvaartstelsels en veiligheidsoorsigfunksies. Namibië het 54,6% behaal, terwyl die wêreldgemiddeld 68,54% is.
Net so het Namibië in die beoordeling van CE-4, CE-7 en CE-8 baie swak gevaar. Dit het te doen met die kwalifikasies en opleiding van tegniese personeel, toesigtake asook met die daarstel van resolusies wat veiligheidskwessies moet pak. Namibië het onderskeidelik 45,71%, 42,11% en 42,22% behaal, terwyl die internasionale gemiddeld 56,38%, 58,27% en 52,61% was.
Dié syfers blyk uit die pas vrygestelde jaarverslag van die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA). Dit is die eerste jaarverslag van dié agentskap nadat dit op 1 November 2016 as ’n staatsbeheerde entiteit tot stand gekom het.
Die NCAA sê in sy jaarverslag sy algemene punt van 59,01% vir doeltreffende implementering verbloem Namibië se baie swak prestasie wat die voorgenoemde kritieke elemente betref.
Namibië se goeie prestasie wat primêre lugvaartwetgewing (CE-1) betref (78,79% teenoor en die wêreldgemiddeld van 75%) en sy punt van 76,42% teenoor die wêreldgemiddeld is 68,6% vir tegniese leiding, hulpmiddels en die verskaffing van veiligheids- en ander kritieke inligting (CE-5), het sy algemene punt verhoog.
Die NCAA sê hoewel hy sy rol vervul deur seker te maak burgerlugvaartregulasies word toegepas, is dit die Namibië Lughawensmaatskappy (NCA) se verantwoordelikheid om die implementering van sekuriteitsmaatreëls by lughawens te doen.
“Dit gebeur egter nie, aangesien die NAC nie die kapasiteit het om kwaliteitsbeheer toe te pas ten opsigte van die skanderingsdienste wat die polisie by lughawens lewer nie,” lui die jaarverslag.
Altesaam 3 miljoen internasionale en binnelandse passasiers is tussen 1 November 2016 en 31 Maart 2018 vir sekuriteitsdoeleindes geskandeer.
Die Icao-span wat die oudit uitvoer, spreek belanghebbendes in die lugvaartbedryf vanoggend om negeuur by die Safari Hotel in Windhoek toe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie