Lugvaartbedryf besin oor koolstofspoor
Lugvaartbedryf besin oor koolstofspoor

Lugvaartbedryf besin oor koolstofspoor

Die internasionale lugvaartbedryf vergader tans in Montreal, Kanada, en bespreek sy impak op klimaatsverandering.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Met vliegtuie wat vir 2 persent van die mensdom se koolstofvrystellings verantwoordelik is, bespreek die internasionale lugvaartbedryf vandeesweek in Montreal, Kanada, sy verbintenis tot die vermindering hiervan.

Die Internasionale Lugvervoervereniging (Iata) sê hy het hoë verwagtinge van die uitkoms van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie (Icao) se 40ste jaarvergadering.

Hierdie vergadering vind plaas kort op die hakke van die Verenigde Nasies (VN) se Klimaat-aksieberaad wat Maandag in New York gehou is

“Bo-aan die agenda is die lugvaartbedryf se pogings om sy impak op klimaatsverandering te verskraal,” sê Iata se direkteur-generaal en uitvoerende hoof, mnr. Alexandre de Juniac, in ’n verklaring wat Dinsdag met die aanvang van die vergadering uitgereik is.

Die 16-jarige Greta Thunberg van Swede se pleidooie vir dringende optrede om die snel pas van klimaatsverandering te stuit, het gelei tot ’n veldtog wat die wêreld tans op hol het. Dit staan in Sweeds as “flygskam” bekend – die beskaming van mense wat met vliegtuie reis en klimaatsverandering aanhelp.

Sy het verlede jaar bekend geword met haar skoolstaking voor die Sweedse parlement vir wetgewing teen die klimaatskrisis wat die wêreld bedreig.

In 2017 het burgerlugvaart tot die vrystelling van 859 miljoen ton koolstofdioksied (CO²) gelei. Dit is sowat 2% van die totale CO²-vrystellings deur die mensdom.

Icao-lidlande het drie jaar gelede ooreengekom om die Koolstofkrediete- en Verminderingskema vir Internasionale Lugvaart (Corsia) te aanvaar. Die totale bedryf het dit verwelkom as die pad wat gestap moet word om die impak op klimaatsverandering betekenisvol te verskraal, sê De Juniac.

“Die skema word deur lugrederye toegepas om die bepaal hoeveel hul koolstofvrystellings is.

“Daar is ongelukkig ’n wesenlike gevaar dat Corsia ondermyn sal word deur regerings wat bykomende instrumente skep om koolstofvrystellings te meet en te belas. Dit staan as ‘groenbelastings’ bekend, maar ons sien nog nie dat die geld wat so ingesamel word, werklik tot die vermindering van koolstrofvrystellings bydrae nie,” sê hy.

“Daar is ooreengekom dat Corsia die enigste internasionale ekonomiese metingsinstrument sal wees in die strewe na neutrale koolstofgroei. Dit sal ‘n inkomste van US$40 miljard vir klimaatfinansiering genereer, en tussen 2021 en 2035 deur middel van koolstofkrediete vir 2,5 miljard ton se koolstofvrystellings vergoed. Regerings moet daarna streef om van hierdie verbintenis ‘n sukses te maak,” sê Du Juniac.

Volgens hom het Iata saam met ander belanghebbendes in die lugvaartbedryf ‘n werksdokument voorberei wat ‘n beroep op regerings doen om die belangrikheid van Corsia te herbevestig, asook te hou by die beginsel dat die lugvaartbedryf net een keer vir sy koolstofvrystellings moet pa staan en nie verskeie kere belas moet word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!