Lugvaartlegende verongeluk in Eswatini

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die hoofvlieginstrukteur van die Swakopmund Vliegskool, die 54-jarige mnr. Gary Fox, is Dinsdagongeluk in Eswatini dood toe die B206-helikopter neergestort het waarmee hy na Johannesburg onderweg was.

Hy was saam met mnr. David de Goede ’n direkteur van die vliegskool en was ook ’n vennoot in Heliworx Aviation aan die kus.

Eswatini se Owerheid vir Burgerlugvaart (Eswacaa) sê in ’n mediaverklaring die helikopter het omstreeks 08:10 op 26 Oktober in die Mhlambanyatsi-gebied neergestort en die vlieënier het gesterf.

Dié gebied is 18 km suid van die hoofstad, Mbabane.

Volgens Eswacaa was hy alleen in die helikopter. “Die B206-helikopter was op pad na die Lanseria-lughawe by Johannesburg. In die stadium is die oorsaak van die ongeluk nog onbekend,” sê Eswacaa, wat byvoeg bevestig die oorsaak vir die ongeluk word ondersoek.

Volgens ’n WhatsApp-boodskap wat in Namibië aangestuur is, “vlieg Fox sy hele lewe al”.

Me. Nicole Roos, sy mededirekteur by Heliworx Aviation, het sy dood gister bevestig.

“Ek kan bevestig Gary Mark Fox is gisteroggend (Dinsdagoggend) dood in ’n helikopterongeluk in Eswatini. Dit was ’n Namibiese helikopter. Sy familie is ingelig.”

Roos sê Fox was ’n “legende” in die bedryf en sy ontydige heengaan is ’n groot verlies vir die lugvaartgemeenskap.

“Hy was ’n instrukteur by die Swakopmund Vliegskool, ’n eksaminator by die Namibië Burgerlugvaartowerheid (NCAA) en vliegtuigonderhoudsingenieur in Namibië en in Suid-Afrika. Dit is 'n groot verlies vir Namibiese lugvaart. Ons het ’n baie goeie vriend en mentor verloor.”
[email protected]

FOTO
Die B206-helikopter waarin die baie ervarige vlieënier, mnr. Gary Fox (inlas), in Eswatini verongeluk het. Die foto is gister op WhatsApp aangestuur. Dis nie bekend wie dit geneem het nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!