Luiperd en hiënas op die leeuspoor
Des Erasmus - Sonde met die bure het opnuut in die Erongo-bergbewaringsbebied (EMC) opgevlam nadat die stof gaan lê het oor ’n maande lange getwis oor die hervestiging van leeus in die boerderygebied. Die leeus is weg en ‘n versekering is van owerheidsweë gegee dat daar net weer leeus gaan wees as elkeen van die geraakte partye daartoe gaan instem.
Die nuwe stryd wentel om nuwe waarskuwingsborde, wat feitlik oornag langs die hoofweg verskyn het net nadat deur die hek van die EMC op die pad na die weste beweeg is. Op die bordjies word gewaarsku dat die gebied leeu-, luiperd- en hiënawêreld is. Verset teen die waarskuwings kom van grensboere binne en buite die bewaringsgebied.
Die beswaarmakers voer aan hul boerderygebiede is ook op toerisme aangewese. Deel daarvan is voetslaanroetes wat deur die besoekers in die veld gevolg kan word. Sodanige waarskuwings kan toerisme skaad, word aangevoer.
Die boere wat geraak word, het blykbaar reeds by die paaie-owerheid vasgestel dat die waarskuwingsborde nie deur die staatsinstansie aangebring is nie.
In kringe word nou beweer die instansies ten gunste van leeus binne die bewaringsgebied is nou met ‘n teenreaksie besig nadat hulle die stryd om die hervestiging van die leeus verloor het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie