Luiperd se grudood skok
Die ministerie van die omgewing en toerisme sê probleemdiere word doodgemaak sonder om die ministerie daarvan in kennis te stel.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme het die onwettige jag van 'n luiperd veroordeel waartydens honde en 'n byl gebruik is.
“Die ministerie veroordeel die video wat op sosiale media en ander aanlynplatforms versprei is wat wys hoe 'n luiperd gejag en doodgemaak word deur honde en 'n byl te gebruik,” het die woordvoerder van die ministerie, mnr. Romeo Muyunda, in 'n mediaverklaring Maandag gesê.
Die video met grusame tonele van die luiperdjag het in Februarie op sosiale media verskyn. Republikein het op 13 Februarie reeds dié skokvideo en vrae aan Muyunda oor die voorval gestuur. Hy het toe gesê het dat die ministerie die voorval eers deeglik wil ondersoek.
“Die ministerie verstaan die luiperd het 'n aantal vee op die plaas Okamiparara in die Otjiwarongo-distrik gevang. Die plaas se eienaar het toe reg in eie hande geneem en 'n slagyster gestel waarin die luiperd gevang is,” lui die verklaring.
“Dit is jammer dat die dier op so 'n wrede, onwettige en onvanpaste manier van kant gemaak is. Hierdie jag was nie deur die ministerie goedgekeur nie en dit is ook nie by die ministerie aangemeld vir advies of aksie nadat die luiperd die vee gevang het nie.”
Die ministerie veroordeel die onwettige en onregmatige jag van beskermde spesies, en veral wreedheid in dié verband.
Volgens Muyunda is die ministerie in die finale fase van sy ondersoek om te bepaal watter stappe teen die oortreders geneem sal word.
Me. Tanja Dahl, uitvoerende hoof van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha), sê hulle veroordeel dit dat die luiperd deur onwettige jag van kant gemaak is en dat die dier in 'n slagyster gevang is. Sy het bevestig dat die mense in die video nie aan Napha verbonde is nie.
“Volgens die hoofman van Okomumbonde, mnr. Joas Njembo, lyk dit of die luiperd vee op mnr. Z. Mungendje se plaas gevang het en of die video deur hom of sy familie gemaak is,” het Dahl gesê.
“Weens die groei van Namibië se luiperdbevolking, sal sulke voorvalle ongelukkig voorkom. Etiese jag heg waarde aan 'n dier en veroordeel praktyke soos dié sterk.”
Die ministerie sê konflik tussen mens en dier is ongelukkig besig om toe te neem. Daarom het hulle maatreëls ingestel om dit te verminder.
Die huidige nasionale beleid oor mens-dier-konflik is ook tans onder hersiening en breër konsultasie tussen belanghebbendes is reeds gedoen.
“Die doelwit is om 'n beleid te hê wat gefokus is op geraakte gebiede en die spesifieke soorte konflik moet hanteer word,” lui die verklaring.
Die minsterie doen 'n beroep op alle Namibiërs om met natuurbewaarders saam te werk wat voorvalle met wildlewe betref, en om nie aan die verkeerde kant van die gereg betrap te word nie.
“Ons veroordeel die nuwe neiging waar mense reg in eie hande neem deur probleemdiere dood te maak sonder om die ministerie daarvan in kennis te stel,” sê Muyunda.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie