Luiperd takel Duitse seun in Brandberg
Des Erasmus
'n Sewejarige seun van Duitsland het die naweek sy Namibiese toer voortgesit nadat hy aan die dood ontkom het toe hy Donderdag in Brandberg deur 'n verwoede luiperd aangeval is. Moritz Abrahamowski was op pad na die beroemde rotstekening van die Witvrou toe hy deur die verwoede dier bestorm is.
Hy was in die geselskap van sy ouers, drs. Philip en Pia Abrahamowski, en sy ouer broers (11 en 13), toe hy deur die roofdier getakel is.
Die toeriste was gaste van me. Annelene van Dyk se white Lady Guest House op Uis. Die groep het Donderdag om 07:00 van Uis af na Brandberg vertrek.
By die basis was hulle glo in die sorg van 'n geregistreerde gids bekend as "Terry".
Niemand mag Brandberg sonder 'n gids aanpak nie.
Op die roete is Moritz toe deur die luiperd oorval.
Volgens sy gesin het die luiperd die aftog geblaas toe die res van die geselskap gestorm het om hom te help.
Die gesin het hulle na Uis se plaaslike kliniek gehaas.
Moritz het diep krapmerke en snye op sy rug en aan een van sy bobene opgedoen.
Volgens me. Van Dyk het die wond in die bobeen erg bly bloei.
Die toergroep het in die Meerkat-gastehuis op Swakopmund oornag waarvandaan hulle na Palmwag vertrek het.
Volgens me. Van Dyk en 'n gasvrou van Meerkat het lede van die groep Donderdagaand steeds aan skok gely.
Voor die voorval was daar gerugte van luiperds wat in die bergland dwaal.
Daar word vermoed dat die betrokke luiperd kleintjies gehad het.
Gidse het beweer Moritz het geval en dat hy deur skerp klippe gesny is.
Die roete na die Witvrou kan moontlik tydelik gesluit word as gevolg van 'n roofdiergevaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie