Luiperdman gesels oor boek
Francoise Steynberg - Dr. Kobus Bothma (79), pionier van luiperdnavorsing in die Kgalagadi-oorgrenspark en skrywer van die boek Written in the Sand, gaan op 19 Junie ’n praatjie en boekbespreking oor die ekologie en bewaring van die Kalahari-luiperd by die Namibiese Wetenskapvereniging aanbied.
Bothma is ook die medeskrywer van Wildbestuur, ’n boek oor wildboerdery, en sy boeke sal tydens die praatjie teen ’n spesiale prys te koop wees. Die praatjie sal op 19 Junie om 19:00 by die Namibiese Wetenskaplike Vereniging begin.
Soos wat Namibië se dr. Philip Stander met die Namib-woestyn se woestynaangepaste leeus vereenselwig word, so word Bothma in een asem met die Kalahari-woestyn se luiperds genoem.
Bothma volg luiperds se spore in die Kalahari al sedert 1976 met die hulp van San-spoorsnyers.
Hy sê die beste manier om luiperds se gedragspatrone te bestudeer, is om hul spore in die veld te volg – vandaar Written in the Sand, wat verlede jaar gepubliseer is, se tema.
Bothma het as jong Tukkie-student vir prof. Fritz Eloff, van die Universiteit van Pretoria, na die Kalahari gevolg waar hy Kalahari-leeus bestudeer het.
Eloff, ook bekend as die Noord-Transvaalse rugbybaas, het Bothma se mentor geword.
Van 1970 af het hy eers Eloff in sy leeunavorsing ondersteun voor hy in 1976 self navorsing oor luiperds begin doen het.
Bothma het sy meestersgraad in 1964 verwerf en sy doktorsgraad in 1969 aan ’n Amerikaanse universiteit in Texas. Hy het op George in die Wes-Kaap afgetree.
Ná sy boekbespreking sal hy saam met die Namibiërs Heiko en Anja Denker die noordweste van die land besoek.
Bothma se boeke is ook by Book Den in Windhoek, Swakopmunder Buchhandlung en Die Muschel beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie