Luiperds kom soek vergeefs na weerstand
Rugby
Andrew Poolman
Twee wedstryde bly oor om verlore eer te herwin, ná die onsmaaklike ervaring om die afgelope naweek die Windhoek Draught Welwitschias se nederlaag met 8-81 in die Hage Geingob-stadion teen die Luiperds te moes aanskou (rustyd 50-3).
Die Noordwesters het Namibië aangetref op 'n naweek waarin hy redelik onvoorbereid was om 'n ganse nuwe span in die veld te stoot, nadat die lede van die komende toer na Uruguay vir die Wêreldrugby Nasiesbeker onttrek is.
Die gevoel dat Namibië se premierliga-klubs ondanks die kort kennisgewing ten minste vorendag kon kom met 'n redelik geharde groep spelers, is egter in die wiele gery deur 'n stel omstandighede wat meegebring het dat die uiteindelike saamgeflanste groep toe skaars twee oefensessies saam kon hê.
Daar was byvoorbeeld belangstelling in spelers soos Trustco United se slot Jandré Lamprecht, stut Chris Swanepoel, flank Thomas Kali en skrumskakel Herman Stroh wat almal van beserings of siekte herstel.
FNB Wanderers se voorspelers Nian Berg, Quintin Esterhuizen en Stef Botha en vleuel Tuna Amutenya (werkverpligtinge), slot Denzil van Wyk, flanke Peter Diergaardt en Driaan Vorster asook senter Brandon Groenewald (beseer) sou ook moontlik 'n verskil kon maak.
Met die nasionale groep en hul afrigter Phil Davies wat einde vandeesweek landuit vertrek, word die afrigting en spankeuse vir Saterdag se wegwedstryd teen die onoorwonne Pumas opnuut oorgelaat aan die afrigters van die premierliga-klubs, met Johan Diergaardt van Unam as die sameroeper.
Die samewerking tussen hierdie afrigters in die nasionale belang is na verneem word werklik met die beste bedoelings – hoewel die ware toets aanstaande week kan kom wanneer die klubs ná twee afnaweke weer hul wedstrydverpligtinge hervat. Die Welwitschias sluit dan hul aanslag met 'n tuiswedstryd teen die Valke op 8 Junie af.
MOEITE TEEN OORMAG
Skrumskakel JC Winkler was gevolglik as kaptein aangewys vir die Luiperds-wedstryd en hoewel hyself goeie spel gelewer en op die dekverdediging uitgeblink het, het die Luiperds gans te veel skietgoed gehad.
Die Noordwesters, met die Namibiese Pukke-studente Nelius Theron en Johan Retief in sy agttal, het die kitaar geslaan.
In die negende en 13de minute was die eerste kere dat Winkler die bal by 'n skrum kon ingooi – maar sonder seremonie is sy voorspelers eenvoudig van die bal af geskrum en die Welwitschias was terug op die verdediging.
Die slot Ruan Ludick het 'n eerlike dag se werkverrigting ingesit, terwyl die haker Gerhard Thirion bedrywig was toe hy eers opgestuur is.
In die lostrio het Berry Gande en Mogamat Emamdien oral gate probeer toestop, maar die klein flankie Gilad Plaatjies was heeltemal uit sy diepte.
Sommer vroeg al het Plaatjies agter sy agterlyn begin wegkruip en hy het geen impak op die wedstryd gemaak nie, benewens dat die Luiperds-flank Wandi Mazibuko bo-oor hom gehardloop het vir een van sy twee drieë. Die jong Walvisbaaier was vanjaar se nasionale o.20-kaptein, maar teen die Pumas sal gewis 'n meer geharde nommer 6 nodig wees.
• Nog oor die wedstryd binne in Sport Wrap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie