Luiperds moontlik oorsaak van minder jagluiperds
Tydens die Professionele Jagtersvereniging van Namibië se jaarvergadering is gesê in 2017 is drastiese veranderinge in die plaaslike jagbedryf gemaak.
Elvira Hattingh - Navorsing dui aan Namibië is waarskynlik die land met die digste luiperdbevolking in Afrika.
Na raming het die land sowat 14 000 luiperds en kan dit ook een van die hoofoorsake van 'n kwynende jagluiperdbevolking wees.
Die Professionele Jagtersvereniging van Namibië (Napha) se president, me. Danene van der Westhuyzen, het gister tydens hul jaarvergadering gesê sedert die aanvang van die Nasionale Luiperd Sensus-projek saam met die ministerie van die omgewing en toerisme in Augustus vanjaar, is meer as 400 000 foto's deur 100 kamerastrikke oral oor die land geneem.
Die program strek oor 18 maande.
“Inligting vanuit onlangse studies asook die een in 2012 dui daarop dat Namibië moontlik die land is met die digste bevolking van luiperds in Afrika en dat die luiperds besig is om jagluiperds se habitat oor te neem. Sommige van die gebiede word reeds dekades lank as die tuiste van jagluiperds beskou,” het sy gesê.
Sy het verder gesê vanjaar is drastiese veranderinge in die plaaslike jagbedryf gemaak.
verbied enige beperkings
“Namibië het besluit om jag te herposisioneer. Eerstens het die kabinet ingestem om enige verbod teen te staan wat die jagbedryf in Namibië negatief kan raak. In ander woorde, Namibië verbied enige beperkings op jag.
“Tweedens het ons kabinet gestem om die woord trofeejag na bewaringsjag te verander. Dus sal die woord bewaringsjag voorts in wetgewing gebruik word. Terselfdertyd is 'n nuwe wetsontwerp op wildlewe vanjaar aan die publiek beskikbaar gestel.”
Sy sê Napha het 'n groot rol in veranderinge aan die wetontwerp gespeel en is ook deur die ministerie van die omgewing en toerisme opdrag gegee om 'n nasionale gedragskode vir bewaringsjag op te stel. Sy het gesê waarskynlik een van die mees visionêre dinge wat vanjaar gebeur het, was die nuwe meetstelsel wat vir trofeë geskep is, wat aansporing bied sodat waarlik ou diere gejag moet word. Die hoop is dat die stelsel nie net plaaslik nie, maar ook oral oor Afrika aanvaar sal word.
“Napha sal voorts, saam met ander nieregeringsorganisasies, 'n gids oor die beste jagprakyke publiseer.
“Jag is altyd 'n onderwerp wat mense polariseer. Maar teenkanting deur diereregte- en anti-jaggroepe het in die afgelope jare sterker geraak. Jag is egter 'n noodsaaklike metode wat deel vorm van die beskerming en volhoubare groei van ons land se natuurlike hulpbronne,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie