Luislang verorber donkievul
Dié luislang van tussen twee en drie meter wat naby die gholfbaan by Okahandja skuilhou, is gister deur me. Patricia Mostert, wat daar naby woon, afgeneem. Sy vertel 'n opsigter by die gholfbaan het haar daarvan vertel en sy het gaan foto's neem. Die vermoede is dat hy 'n donkievul van ongeveer twee weke oud verorber het. “Ons vermoed hy het die vul Dinsdag ingesluk. Nou lê die slang daar half opgekrul naby 'n dammetjie,” vertel sy. Die ou grote woon waarskynlik in die omgewing van dié dammetjie, meen Mostert.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie