'Luister na Afrika se besware oor diu00e9 hof'
'Luister na Afrika se besware oor diu00e9 hof'

'Luister na Afrika se besware oor dié hof'

Estelle de Bruyn
Ter wille van die belangrike rol wat die Internasionale Strafhof speel om geregtigheid te laat geskied, is dit belangrik dat Afrikalande se kommer oor dié hof hanteer word.

Navi Pillay, voormalige hoë kommissaris vir menseregte van die Verenigde Nasies (VN), het Maandag op 'n beraad van die Duitse ambassade in Pretoria oor die verhouding tussen Afrika en dié hof gesê Afrika het 'n sleutelrol in die totstandkoming van die hof gespeel.

Die afgelope jare is daar egter groot ongemak in Afrika oor die Internasionale Strafhof omdat Afrikalande meen dat dié hof te veel op Afrika fokus en nie op die res van die wêreld nie. Hulle meen die hof het dubbele standaarde.

Dit is so dat baie sake uit Afrika aangehoor is, maar daar is nie eksklusief op Afrika gefokus nie.

Baie van die ondersoeke wat in Afrika gedoen is, het uit klagtes uit dié lande gespruit.

Sy sê die Internasionale Strafhof het tot stand gekom ná vasberade internasionale pogings om seker te maak dat diegene wat ernstige menseregteskendings pleeg tot verantwoording geroep word.

Dit is belangrik dat Afrikalande seker maak dat geen leier wat hom hieraan skuldig maak, ongestraf bly nie.

Ná pres. Omar al-Basjir van Soedan se besoek hier in Junie 2015 het Suid-Afrika besluit om hom aan dié hof te onttrek ná verskeie hofbeslissings dat die regering die wet oortree het deur hom nie tydens sy Suid-Afrikaanse besoek in hegtenis te neem nie. Die strafhof het lasbriewe vir Al-Basjir se inhegtenisneming uitgereik en wil hom op aanklagte van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord verhoor.

Die hooggeregshof in Pretoria het beslis die regering se besluit om hom te onttrek, is ongrondwetlik omdat die parlement dit nie goedgekeur het nie.

Ná die hofbeslissing het die regering die VN in kennis gestel dat hy sy kennisgewing oor die onttrekking herroep, maar konsepwetgewing dien reeds voor die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie dat Suid-Afrika sy aanvaarding van die Statuut van Rome opskort. Die Internasionale Strafhof het kragtens dié statuut tot stand gekom.

Pillay en ses voormalige regters van die konstitusionele hof en die menseregteorganisasie Amnestie Internasionaal (AI) het onlangs 'n pleidooi tot die regering gerig om die saak nie verder te voer nie, omdat dit “katastrofiese gevolge” vir die land kan hê.

Michael Koch, direkteur-generaal van die Duitse departement van buitelandse sake se regsafdeling, woon ook die tweedaagse beraad by.

- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!