Luister na egte Afrika-stories
Luister na egte Afrika-stories

Luister na egte Afrika-stories

Yandi Du Plessis
Die Nasionale Teater van Namibië (NTN) bied in samewerking met die Namibiese Kunsteraad (NACN) weer 'n storievertelsessie aan met die Setswana-storieverteller en lofdigter, Felicitas Mogotsi, wat die “Molemathite”-verhaal met die gehoor sal deel.

Die verhaal beeld die waarde van nederigheid en die gemeenskaplike beginsel van onselfsugtigheid uit.

Die Setswana-storievertelaand word op 8 April 2021 vanaf 18:30 regstreeks op die NTN se Facebook-blad (National Theatre of Namibia) uitgesaai. Sitplekke is wel by die geleentheid beskikbaar, maar is beperk vanweë Covid-19-regulasies.

Diegene wat belangstel kan nie later as 2 April om 17:00 per e-pos plek by [email protected] bespreek nie. Toegang is gratis en die geleentheid is gesinsvriendelik. Besoek http://ntn.org.na/.../storytelling-evening-with.../ vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer