Lus vir iets Anders?
Lus vir iets Anders?

Lus vir iets Anders?

Die singende egpaar Anders gaan Hentiesfeesgangers Saterdag vermaak.
Otis Finck
Wynand en Lindi Delport het aan die einde van 2007 in die huwelik getree en die jaar daarna saam begin musiek maak as die duo Anders.

Die Pretoriaanse paartjie, wat albei baie ervare sessiemusikante is, het ontmoet as lede van hul kerkorkes.

Lindi het al met groot name soos Heinz Winckler, Liza Bronner en Bouwer Bosch as agtergrondsangeres saamgewerk. Wynand het as kitaarspeler al met verskeie groot name in die bedryf opgetree.

Sony/Select-platemaatskappy het van die singende egpaar te hore gekom nadat hul eerste enkelsnit, “Mooi vir My”, in 2014 uitgereik is.

Hulle grootste deurbraak het gekom toe hulle die titelsnit “Knysna” vir die Afrikaanse fliek met dieselfde naam geskryf en opgeneem het.

Die duo het met hul gospel- ­debuutalbum, Dink Leef Klink, 'n Ghoema-­benoeming ingepalm.

Hulle hou daarvan om anders te wees en het toe seker gemaak dat hul tweede album, #Liefdesverhale, nie weer dieselfde trant volg nie.

Dit is 'n romantiese album en het vir die egpaar hul tweede Ghoema-toekenning in die sak besorg vir die kategorie beste groep/duo.

Lindi was op 8 Augustus deel van Finesse-­tydskrif se poging om die dag voor Vrouedag die huidige wêreldrekord te verbeter vir die meeste vroue wat gelyktydig in hul nagklere gaan fliek. Volgens Finesse is die huidige rekord 1 184 mense. Deelnemers moes hul “onesies” aantrek en The Lion King gaan kyk.

“Ek het dit verskriklik geniet,” het Lindi vertel.

“Ek was by die Kolonnade-teater en ek weet daar was twee teaters vol vroue in hul slaapklere.

“Dis was so 'n bietjie chaoties, want dit was langnaweek en daar was baie verkeer. Dit het veroorsaak dat baie van die dames laat was, so ons moes skarrel om ons sitplekke in te neem, want daar is 'n sekere tyd wanneer almal moes sit vir die wêreldrekord” het Lindi gesê.

Volgens Finesse kan tot drie maande duur voordat bepaal word of die wêreld­rekord wel verbeter is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!